Bestuurder vir dronkbestuur gearresteer na ongeluk in laatnag in Oudtshoorn

Die bestuurder van ‘n Golf met ‘n Mosselbaai registrasienommer is vanoggend omstreeks 02:30 in hegtenis geneem vir dronkbestuur nadat hy in ‘n botsing betrokke was.

Volgens inligting wat bekom is, was die voertuig met Voortrekkerweg in die rigting van Calitzdorp onderweg.

Die bestuurder het egter by die ingang van die De Jagersportgronde in die teenoorgestelde baan van die dubbelpad beland.

Die voertuig het getol en die pallisadeheining met die agterkant getref.

Niemand is in die botsing beseer nie.

[Oudtshoorn Courant]

Posted on by jonckie

Comments Off on Bestuurder vir dronkbestuur gearresteer na ongeluk in laatnag in Oudtshoorn