Tragedie van Knysna brande vasgevang vir nageslag op kamera

‘n Goeie vriendin, Deidre Cloete het onlangs die tragedie van die Knysna brande vasgevang deur die lens van haar kamera. Dit is smaakvol saamgestel in ‘n publikasie en ek het besluit om uit te vind wat dis inspirasie hiervoor was!

Wat het jou laat besluit om hierdie fotos te neem? 

As amateur fotograaf is daar altyd iets wat jy deur jou lens raaksien wat jy andersins sou mis My ouers het in Knysna gewoon tot met hul afsterwe en Knysna is vir my nog steeds die mooiste woudagtigste klein dorpie. Dis ons s’n. Ons woon nou n jaar in George Natuurlik het my eie broer amper sy huis verloor deur die brand en ons het baie gedeel Ek het spontaan begin foto’s neem nadat die brande “ou nuus” was na menige van my eie trane tydens die brande.

Ek kon net nie tydens die brande soos hordes ander fotograwe die hartseer afneem nie. Ek het na meer as 2 weke daarna begin stap en begin afneem sonder dat ek geweet het hoekom ek dit doen.

Was jy bekommerd oor die reaksie van diegene wat skade gely het as gevolg van die brande? 

Daar was regtig lieflike huise wat afgebrand het sonder enige versekering Ek het na ‘n pragtige huis geloop en mense binne gehoor. Die vrou,natuurlik die eienaar, het my met ‘n oop hart ontvang. Toe vertel sy dat sy na 3 maande vandat haar huis totaal afgebrand het nou eers van oorsee kon kom om te kyk hoe dit lyk.

Geen Facebook foto kon haar voorberei wat sy sou ervaar in werklikheid Die fotos van die pro fotograwe was als klaar geneem en het ‘n stille dood gesterf asof mense moeg was van die ou nuus. Sy was verras om my te sien soos menig ander.

Sy het kalm tussen haar huis se oorblyfsels gestaan. Verslae gestaan en vertel dat sy geen versekering het. Dit was waarheen sy teruggekom het. Haar aftree -huis Ek het in trane uitgebars na hordes huise wat ek reeds afgeneem het. Dit was die punt agter my fotoboek. Niemand sal ooit weet wat my lens afgeneem het. Geen foto is maar net om die boek vol te maak. Dis lewens wat aangeraak was en nogsteeds beinvloed is agv onverwagte brande.

Het jy gesels met van die slagoffers en wat kon jy leer by hulle? 

Ek het altyd met baie respek en deernis my foto’s geneem Die plekke was verlate en dit was asof niemand meer daar wou wees ongeag dat daar soms bruikbare items hier en daar was tussen die hope plate en beton en glasstukke Daar was inwoners wat kom groet het met dankbaarheid vir die moontlike boek wat ek wil saamstel. Hulle het gevra dat ek asb moet vertel hoe geluide hulle hele lewe verander het.Die geluid van glas wat ontplof. Die geluid van bottels wat ontplof. Die geluid van mure wat omval. Die geluid van dakplate as die wind waai. Die geluid van die wind het verander omdat die bome afgebrand het. Natuurlik die alewige reuk van brand wat altyd in die lug hang. Nogsteeds.

Daar word soms beweer ‘n foto is ‘n duidend woorde werd – Het jy dit ervaar terwyl jy die tonele afgeneem het? 

Ek het met elke foto ‘n verhaal gesien. Die hartseer foto’s is die met n swaai langs ‘n total-afgebrande huis, die huis vol porselein poppe wat in stukke le sonder hul lyfies en die breekware wat net so in die wasbak nog le met chaos om dit.

Daar is soveel verhale. Soveel raaisels en soveel emosies na so n brand. Een ding weet ek. Dit maak nie saak waar jy koop en hoe duur jy daarvoor betaal. Die gebrande eindproduk lyk dieselde.
Bitter min huise lyk gebruikers- vriendelik na n brand.

Waarop het jy gefokus met die neem van die fotos? 

Ek het baie dikwels geen plan van aksie gehad met my foto-reis na Knysna. Soos ek ry het ek gestop en geneem. Dalk oor n paar dae weer onthou van iets wat my oog gesien het en teruggegaan om dan net weer iets anders afteneem.

Ek het besluit om n week in n gastehuis na 3maande se ryery te bly om my finale fotos te neem. Ek het duisende gehad en niemand wil so dik boek deurblaai.

Ek het geneem soos my hart my gelei het.

Is dit moontlik dat hierdie herrinneringe ook inspirasie kan bied vir die herbou van lewens na die brande? 

Ek glo definitief dat my boek vir mense iets sal beteken wat moontlik deur ander trauma gaan en dit sal genesing bring. Mense hou daarvan om stories te deel. n Koffietafelboek waardeur jy blaai.

Dis n boek wat verseker in aanvraag was alreeds met die nemery van my fotos soos wat mense op my pad hul verhale vertel het. My doel met die boek was om geen name en adresse te noem.
Geen spesifieke verhale want daars reeds so n puik boek in wording. Die boek is n fotoboek met n stukkie van Knysna se hartseer geskiedenis maar tussen die hope glas en beton daardie een woord “hoop”.

Posted on by jonckie

Comments Off on Tragedie van Knysna brande vasgevang vir nageslag op kamera