Bejaarde bestuurder behandel vir skok na band bars en hy vasry in geparkeerde motors

‘n Bejaarde man word vir skok deur paramedici behandel nadat hy met sy Toyota in drie geparkeerde voertuie vasgery het.

Die botsing het omstreeks 09:00 vanoggend in St Johnstraat plaasgevind.

Dit blyk dat die voorwiel van die Toyota gebars het waarna die motor na links geswenk het en die drie geparkeerde voertuie getref het.

Meer inligting volg soos dit beskikbaar is.

[Oudtshoorn Courant]

Besoek ook:

Road Safety and The Elderly

Posted on by jonckie

Comments Off on Bejaarde bestuurder behandel vir skok na band bars en hy vasry in geparkeerde motors