Wedersydse respek nodig wanneer motoriste en fietsryers die pad deel!

Dit is uiters kommerwekkend om waar te neem dat daar in 2016 451 fietsryers gesterf het op Suid-Afrikaanse paaie. Dit is ‘n skerp toename vanaf die 320 fietsryer sterftes in 2015.

Dit is duidelik dat Suid Afrikaners sukkel om die nodige geduld aan die dag te le wanneer hierdie padgebruikers die paaie deel.

Veiligheid is afhanklik nie net van die nakoming van die padreels maar ook ‘n bietjie meer geduld en respek tussen die padgebruikers. Bestuurders moet altyd 1.5m spasie probeer gee vir fietryers terwyl fietsryers in ‘n enkellyn moet ry!

Hierdie fotos is gestuur na die Arrive Alive webstuiste en illustreer hoe moeilik dit kan wees waar daar smal paaie is en fietsryers nie in enkellyn ry nie.

 

Posted on by jonckie

Comments Off on Wedersydse respek nodig wanneer motoriste en fietsryers die pad deel!