Malaria – wat jy behoort te weet

Die afgelope tyd is baie berig oor mense wat glad nie in malaria-gebiede was nie maar wat wel malaria opgedoen het. Die ironie is dat “muskiete nie deur grense gestuit word nie en dit wil voorkom asof gevalle van reismalaria toeneem.”

Kan malaria met verkoue verwar word?
Die eerste simptome van malaria verskil nie veel van ’n ligte verkoue nie. As jy malaria afskeep en nie dadelik (verkieslik binne 24 uur) behandel nie, ontwikkel dit gou in ’n baie ernstige toestand.  Jy kan sterf. Ons het van die hoogste malariasterftesyfers ter wêreld.

Malaria-simptome

  • Die byt van ’n malariadraende muskiet is maar net soos enige ander muskiet se byt. Jy sal nie meer jeuk nie. Al leidrade is jou simptome, wat na ’n week of twee na die byt kop uitsteek.
  • Jy het koors
  • Jy het kouekoors
  • Jy het hoofpyn
  • Jy raak naar
  • Diarree
  • Moegheid

Hoe om malaria te voorkom:

  • Die malaria-parasiete kan voordat jy siek word, doodgemaak word deur voorkomende medikasie te gebruik. Drink die pille voordat jy na ʼn malaria-gebied gaan en voltooi die kursus.
  • Bly van skemer tot dagbreek binnenshuis.
  • Dra klere met ligte kleure, lang moue en pype, veral van skemer tot dagbreek.
  • Slaap onder ʼn muskietnet wat met insekdoder behandel is.
  • Gebruik insek-afweermiddels en wend dit elke vyf uur aan.
  • Sproei snags ʼn insekdoder met piretroiëd in jou slaapkamer.
  • Gebruik ʼn brandbare of elektroniese insekdoder.
  • Gebruik plafonwaaiers of ʼn lugversorger in jou kamer. Dit maak dit moeilik vir muskiete om te vlieg.
  • Afskrikmiddels met sitronella is net sowat 20 minute doeltreffend.
  • Armbande met afweermiddels bied nie volkome beskerming nie.
  • Vitamine B-inspuitings beskerm jou nie.

Hoe kan CrisisOnCall help?

Wanneer jy reis, kontak die oproepsentrum en praat met een van die gesondheidsadviseurs. Hulle sal gebiede identifiseer waar malaria kan voorkom en raad en advies verskaf.
Indien jy enige van bogenoemde simptome ervaar, kontak ook die oproepsentrum en praat met ‘n gesondheidsadviseur vir raad en ‘n aanbeveling. (Beskikbaar by die noodnommer)
(Hoof bron: Rooi Rose en Universiteit van Pretoria)

Posted on by jonckie

Comments Off on Malaria – wat jy behoort te weet