Waarom is tyd belangrik in ‘n noodgeval?

Hierdie vraag is iets waaraan baie min mense dink maar dit kan ʼn lewe red of ʼn lewe kos. TYD = LEWE en daarom is die tyd wat dit neem vir  ʼn paramedikus om by ʼn mediese noodsituasie te arriveer, lewensbelangrik.

In die meeste gevalle word op motorbotsings en nood mediese sorg gefokus terwyl meer as 65% van alle nood mediese situasies plaasvind waar geen motorbotsing betrokke was nie.

Tydens motorbotsings bel die publiek gewoonlik ʼn noodnommer van ʼn ambulansdiens wat aan hulle bekend is,  en gewoonlik daag daar veral in die stede meer ambulanse op as wat daar pasiënte is. Op sommige tonele is pasiënte al in ʼn ambulans dan daag daar nog ambulanse op. Dit neem in baie gevalle dus onnodige ambulansdienste uit bedryf wat kon omsien na ʼn ander noodgeval, sou een opduik.

Dy huisgevalle is dit gewoonlik net een ambulansdiens aangesien net een persoon skakel. Die probleem is egter; is dit die naaste ambulansdiens?

Kom ons verduidelik twee scenario’s:

Pasiënt met ʼn mediese fonds

Die meeste mediese fondse kontrakteer met ʼn spesifieke ambulansdiens om hulle noodgevalle te hanteer. Daardie ambulansdiens moet dus in ʼn noodgeval gebruik word.

Die vraag is nou hoe naby aan die situasie is die betrokke ambulansdiens? Is daar nie dalk een wat nader is nie? TYD = LEWE en daarom kan ʼn ambulansdiens wat van ver moet kom soms ʼn risiko inhou, as gevolg van lang tydsduur.

Die meeste mediese fondse het ook klousules in hul kontrak wat aandui dat ʼn rekening van ʼn ambulansdiens geweier kan word indien dit nie die voorkeur diensverskaffer is wat gebruik is nie.

Pasiënte sonder ʼn mediese fonds

Hier is die scenario ten opsigte van die naaste ambulansdiens dieselfde as by ʼn mediese fonds. Die groot verskil kom by die betaling. Pasiënte sonder mediese fondse sal persoonlik verantwoordelik wees vir die kostes van die ambulansdiens.

Dit is ook hier belangrik om die naaste ambulansdiens vinnig op die toneel te kry aangesien die TYD = LEWE beginsel ook hier geld. ʼn Paramedikus kan die pasiënt stabiliseer en dan na ʼn staatshospitaal neem. Vinnige en professionele stabilisering kan ʼn lewe red.

Wat is dan die oplossing?

Wanneer ʼn lid van CrisisOnCall in ʼn nood mediese situasie beland is daar slegs een nasionale nommer om te skakel (“One call does it all”).  CrisisOnCall het geakkrediteerde ambulansdienste reg oor die land, ingesluit Netcare911 en ER24, wat beteken dat die naaste ambulansdiens onmiddellik uitgestuur sal word. Die “Gio Tracking” sisteem maak dit ook binne die oproepsentrum baie maklik en vinnig om die naaste diensverskaffer te identifiseer. Nie net sal dit die tydsverloop verminder nie maar ook seker maak dat die regte behandeling vinnig plaasvind. Die koste in ʼn noodgeval (Afvoer per pad of lug), sowel as alle medikasie wat buite die hospitaal toegedien word,  sal ook ten volle deur CrisisOnCall gedek word.

CrisisOnCall bied ook ander opsies soos mediese advies, regsadvies, trauma berading ʼn nasionale krisislyn (waar ʼn persoon na die polisie, brandweer, bank – om kaarte te blok, selfoondiensverskaffer – om selfoon te blok, ens. deurgeskakel kan word. ʼn Reis op die langpad kan ook op versoek met gereelde intervalle gemonitor word.

Die identifikasiebandjie maak verder seker dat die pasiënt se inligting (mediese fonds – indien hy oor een beskik, allergieë, kroniese medikasies, mediese kondisies, naasbestaandes, ens.) vinnig aan die betrokke paramedikus verskaf kan word.

Dit alles vir slegs R 99 per gesin per maand!

Vir meer inligting stuur gerus ʼn epos na marketing@crisisoncall.co.za met die woord “Arrive” in die opmerkingskolom. CrisisOnCall sal dan die nodige inligting verskaf.

Posted on by Media

Comments Off on Waarom is tyd belangrik in ‘n noodgeval?