Polisieman hardloop weg vir bloedtoetse na hy vermoedelik dronk bestuur

‘n George-polisieman wat verlede Donderdagaand (2 Maart) vir beweerde dronkbestuur aangekeer is, het by die hospitaal weggehardloop voor bloedmonsters geneem kon word.

Die adjudant-offisier, wat van diens af was, is tussen 19:00 en 20:00 in Ismailstraat in Rosedale aangekeer nadat hy na bewering ‘n tweejarige dogtertjie met sy grys BMW raakgery het. Die meisie is lig beseer.

Twee lede van die Pacaltsdorp-polisie het die adjudant-offisier in hegtenis geneem en na die polisiestasie geneem waar hulle die bloedmonstertoets opgetel en hom na die hospitaal geneem het.

By die George-hospitaal het al drie uit die polisievoertuig geklim waarna die adjudant-offisier na bewering weggehardloop het.

Dit is onduidelik of die twee polisiebeamptes hom agternagesit het, maar hy is daarna nie weer aangekeer nie. Die verdagte was glo nie geboei nie.

Kapt. Malcolm Pojie, die Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, het die voorval bevestig en gesê hulle ondersoek klagtes van dronkbestuur en ontsnapping.

“Die dronkbestuurklag word deur die Pacaltsdorp-polisie ondersoek en die ontsnapping deur die George-polisie. Niemand is nog amptelik aangekla of in hegtenis geneem nie. Beide ondersoeke duur voort. Ons sien die beweringe in ‘n baie ernstige lig. ‘n Tugondersoek is ook aan die gang,” het Pojie gesê.

* An off-duty policeman allegedly escaped from police custody at the George Hospital last Thursday (2 March) before a blood test could be done after he was arrested for alleged drunk driving. The Warrant Officer was arrested between 19:00 and 20:00 in Ismail Street, Rosedale after he allegedly hit a 2-year-old toddler with his grey BMW car. The girl was not seriously injured.

Two members of the Pacaltsdorp Police arrested the Warrant Officer and took him to the police station, where they collected a blood sample kit before heading to the hospital. The Warrant Officer allegedly ran away when they got out of the vehicle.

ARTIKEL: LIZETTE DA SILVA, GEORGE HERALD-JOERNALIS

 

Posted on by jonckie

Comments Off on Polisieman hardloop weg vir bloedtoetse na hy vermoedelik dronk bestuur