Veiligheid by besienswaardighede

dog-attack-clifton

Gedurende Oktober 2016 het ER24 (ambulansdiens) berig oor twee van hul paramedici wat helder oordag by die Howick Watervalle van geld en hul selfoon beroof is.

Met die komende Vakansietyd is dit sekerlik iets waaraan niemand wil dink nie maar dit is tog ʼn realiteit wat tans in ons samelewing gebeur.

Die vraag kan nou tereg gevra word of dit nog veilig is om besienswaardighede te besoek? Vervolgens ʼn paar wenke:

• Moet nooit by ʼn plek uitklim wat verdag lyk nie.
• Klim slegs uit indien daar ander besoekers in die area is. Vermy dus stil tye.
• Wees bedag vir verdagte mense. Moenie sommer met enigeen praat nie.
• Maak seker jou voertuig is gesluit en jou waardevolle items is nie openlik sigbaar nie.
• Loop altyd in groepe van twee of meer.
• Plaas die CrisisOnCall noodnommer op spoedbel sodat jy vinnig kan skakel in ʼn nood situasie.
• Wees versigtig vir straatsmouse. Hulle trek dikwels mense se aandag af terwyl hul makker die steel werk doen. Wees dus altyd paraat.
• Indien jy kinders saam neem, maak seker dat hulle nie afdwaal of rondhardloop nie. Alhoewel dit vir skelms ʼn beter kans gee om te roof is die omgewing ook soms gevaarlik vir kinders.
• Lees altyd die waarskuwingsborde wat by besienswaardighede opgerig is en gehoorsaam dit wat versoek word.

Besoek ook:

Road Safety Advice for Foreigners Driving in South Africa

Posted on by jonckie

Comments Off on Veiligheid by besienswaardighede