Matrieks stroom na KZN

Elke jaar stroom duisende matrieks see toe vir ʼn vakansie ter viering van die einde van hul skoolloopbaan. Plekke soos die Noord-kus, Suid-kus, Durban, Margate en Jeffreysbaai is van die gewildste plekke vir die groot feeste.

Ouers is gewoonlik baie bekommerd oor hul kinders se welstand en terwyl die kinders ʼn week van jolyt vier sit ouers by die huis en wag vir die ergste. By die bogenoemde plekke is daar elke jaar ʼn organisasie met die naam van die Red Frogs betrokke. Dit is meestal die plaaslike gemeenskap wat saam staan om die kinders te help en te beskerm teen onaangename situasies.

Die Red Frogs werk nou saam met die plaaslike ambulansdienste en polisie om kinders te help wat kuier om nie oordadig op te tree nie. Hulle is ook duidelik sigbaar met hul T-hemde en elke jongmens kan na hulle gaan vir hulp. Hulle beweeg ook deur plaaslike kuierplekke en maak seker dat alles ordelik verloop.

matrieks

Lede van die red Frogs span is jongmense wat beteken dat die matrieks met hulle identifiseer en dus nie aanstoot neem indien hulle dissipline toepas nie. Hulle kweek ook deurentyd ʼn kultuur van verantwoordelikheid by die jongmense. Dit is iets wat die jongmense die res van hul lewe kan saamneem.

Gedurende 2015 se matriek vakansie het hulle dan ook ʼn paar CrisisOnCall kinders gehelp wat tydens hul vakansie nood ervaar het. Daar was die afgelope twee jaar ʼn baie goeie verhouding tussen die Red Frogs en CrisisOnCall. In 2017 maak ons weer so!

Hier volg ʼn paar wenke vir die matrieks op vakansie:

  • Ry versigtig en maak seker die bestuurder is nie uitspattig tydens die rit nie.
  • Moet nooit ʼn drankie by iemand neem indien jy nie die persoon ken wat dit gee of gesien het toe dit oopgemaak is nie.
  • Bly weg van stil areas.
  • Bly altyd in groepe.
  • Maak seker jou vriende weet altyd waar jy is.
  • Indien jy sleg voel kontak die Red Frogs of gaan na die naaste trauma eenheid. (Tree dus voorkomend op)
  • Maak seker dat jy genoeg sonbeskermer aan het, al is dit bewolk.
  • Kry elke aand minstens ses ure slaap in.
  • Swem slegs waar daar lewensredders is.
  • Wees versigtig vir see strome. Indien jy in die moeilikheid raak moet nie paniekerig raak nie.

Kinders wat deur hul ouers lid is van CrisisOnCall kan hulp by die CrisisOnCall noodnommer kry, hulle kan ook reismonitering versoek (wat meeste van die tyd deur ʼn jong persoon gedoen sal word), die identifikasiebandjie kan ook namens hulle praat wanneer hulle self nie kan nie.

Ons wil jou graag uitnooi om vir ons ‘n e-pos te stuur na medical@crisisOncall.co.za en maak die onderwerp Matrieks Arrive Alive. Vir os min as R 92 per maand kan die hele gesin die 13 voordele van CrisisOnCall geniet wat onder andere, reismonitering, krisislyn, gratis ambulansdiens in ʼn noodgeval, identifikasie-sisteem, telefoniese mediese advies en nog baie meer aanbied.

matrieks2

Posted on by Media

Comments Off on Matrieks stroom na KZN