CrisisOnCall staan langs jou krisis!

trac-assistand-roadside-recovery

Baie nuwe voertuie het ʼn botsing-sensor in, wat onmiddellik ʼn boodskap na nooddienste stuur vir hulp. Hierdie is ʼn fantastiese sisteem wat seker maak dat hulp vinnig oppad is. Daar is egter een probleem!

Waar kry die paramedikus wat op die toneel arriveer inligting oor sy pasiënt? Identifikasie moet altyd aan die persoon wees. Die rede is legio maar sluit in diefstal van handsakke, selfone, beursies, ens. die pasiënt wat verwyder is van sy inligting. Wie is wie? Daar kan nie aanvaar word dat die persoon by die voertuig die eienaar is nie. Verder kan daar ook ander mense saam met die persoon reis, waar is hul inligting?

CrisisOnCall vervang dus nie die botsing-sensor nie. Dit staan langs die sensor. Die een vervang dus nie die ander nie maar maak behandeling soveel makliker en meer effektief. Onthou ook dat ʼn mediese fonds plakker niks help nie want dit bevat nie die mediese fonds lidnommer nie, kan nie aan ʼn spesifieke persoon gekoppel word nie en gewoonlik breek die voertuig se ruite in ʼn ernstige botsing.

Die CrisisOnCall bandjie is ook altyd daar om namens jou en jou gesin te “praat”. In ʼn winkelsentrum, langs die strand, by die huis, skool, ens.

Baie mense is besig om reg te maak vir die Desember seevakansie. Waar is jou mediese fonds kaart wanneer jy en jou gesin langs die strand of in die branders baljaar? Die bandjie is ontwerp om water te kan hanteer en sal steeds “praat” wanneer dit nodig is.

Die reismoniteringsdiens is ook baie gewild waar personeel van die oproepsentrum met gereelde intervalle die reisende persoon kontak om seker te maak die reis verloop volgens plan. So word die bestuurder ook wakker gehou en ingelig van probleme op die pad waarvan ons weet.

Vir R 92 per maand kan CrisisOnCall reg langs jou staan ingeval van ʼn krisis. Die premie is per gesin en sluit 13 voordele in soos genoem plus gratis ambulans- en lugafvoer (waar nodig). Die krisislyn wat jou kan help om die polisie en brandweer te kontak en om jou deur te skakel na jou bank en selfoonmaatskappy indien jou handsak of beursie geroof is.

Indien jy meer inligting verlang, stuur gerus ʼn epos na marketing@crisisoncall.co.za en noem dat jy op Arrive Alive se webwerf van ons gelees het.

Posted on by jonckie

Comments Off on CrisisOnCall staan langs jou krisis!