Maak ʼn knoop in jou vinger…. en onthou om die bande na te gaan!!

knoop

Oor bietjie meer as ‘n maand breek die Desember vakansie aan. Baie kinders en ouers is opgewonde om ʼn jaar met ʼn lekker vakansie af te sluit. Dit is egter belangrik om nie alles te los tot op die nippertjie nie.

Vandag wil ons eerstens fokus op jou voertuig waarmee jy gaan ry. CrisisOnCall bied padbystand aan as ʼn opsionele diens en sien jaarliks hoe mense se voertuie onklaar raak omdat dit nie gediens was nie. Dit bring ons by die diens van die voertuig. Mak nou reeds ʼn afspraak vir die diens. Hoe nader aan die vakansie hoe moeiliker is dit om ʼn afspraak by ʼn werkswinkel te kry. Voertuie moet gediens word soos in die diensboekie aangedui maar in elk geval minstens een keer per jaar.

Diens ook die voertuig ʼn tydjie voor jy met vakansie ry sodat enige foute na die diens betyds reggestel kan word. Maak ook seker dat die filters, olie, ens. wel vervang is soos deur die diens bepaal. Indien jou voertuig geneig is om olie te gebruik kry by die werkswinkel ʼn ekstra blikke olie aangesien dit baie belangrik is om dieselfde olie by die enjin te voeg. So verskil die olie van ʼn diesel en petrol enjin ook. Die verkeerde olie kan dus baie skade aan ʼn enjin doen.

Maak ook seker dat jy deur die rit die regte brandstof ingooi. Verseker dat petrol in ʼn petrol enjin gegooi word en diesel in ʼn diesel enjin. Hierdie fout kan jou nie net gestrand laat nie maar ook duisende rande uit die sak jaag.

Die voertuig se bande is seker een van die belangrikste dele van die voertuig. Dit is daar waar die voertuig en die pad bymekaar kom. Gebruik slegs goedgekeurde bande en maak seker dat die loopvlak minstens ʼn vuurhoutjie dikte oor het. Die gleuwe is veral belangrik in nat weer aangesien dit help om die water tussen die band en die teer vinnig te verplaas sodat die voertuig nie gly nie.

changing-tyre-on-road-n3

Sluit ook nou reeds by CrisisOnCall aan. Lidmaatskap gaan jou net soveel moeite en verdriet bespaar wanneer jy met vakansie gaan. Die reismoniteringsdiens waar CrisisOnCall die reisende familie met gereelde intervalle skakel maak nie net die pad korter nie maar iemand professioneel weet min of meer waar jy is, sou iets gebeur. Die identifikasie sisteem spreek van self. Ons wil graag aan die mediese personeel vertel dat jy en jou gesin bv. ʼn mediese fonds of hospitaal plan het, allergies is, watter medikasie julle gebruik, ens. Deel van die 13 voordele vir slegs R 92 per gesin per maand sluit ook ʼn diens in waar ons nood verblyf kan reël. Die krisislyn is jou nasionale hulplyn wanneer die onverwagte gebeur. Toegang tot die oproepsentrum wat deur professionele personeel beman word kan via ʼn tolvrye nommer van ʼn Telkomlyn, App of “please call me” verkry word. Maak ʼn knoop in jou vinger om ook vandag nog inligting aan te vra.

Ons wil jou graag uitnooi om vir ons ʼn epos te stuur sodat ons al die voordele wat ons bied aan jou bekend kan stel om jou sodoende te help om jou plan in plek te kry. Kliek net hier CrisisOnCall. Lidmaatskap by CrisisOnCall kos vanaf so min as R92 per gesin per maand en ‘n gesin kan sodoende lid wees en al 13 die basiese voordele van CrisisOnCall geniet. Omdat jy van ons in die nuusbrief gelees het sal jy by aansluiting ook gratis lidmaatskap vir November 2016 ontvang. Die eerste verhaling van premies, administrasiefooi, ensovoorts sal dus eers tydens die volgende debiet order datum in Desember 2016 plaasvind.

Besoek ook:

Road Safety and Tyre Safety

Changing a Tyre Safely Next to the Road

Posted on by jonckie

Comments Off on Maak ʼn knoop in jou vinger…. en onthou om die bande na te gaan!!