Chaos op paaie kan jou duur te staan kom!

traffic-officers-inspect-a-bus-at-the-breederivier-traffic-testing-centre

Die afgelope naweek was behoorlik chaos op die land se paaie. ʼn Bus is Sondagoggend 2uur in ʼn botsing betrokke op die N1 buite Touwsrivier, ʼn Skoolbussie is Sondagmiddag in ʼn botsing naby Oos-Londen, ʼn persoon jaag Saterdagaand agter in ʼn ambulans vas by ʼn botsingstoneel. In al hierdie gevalle en nog baie ander het mense gesterf en was daar ook ernstig beserings. (Lees meer oor hierdie gevalle op die Arrive Alive web.)

Die vraag is hoe kan ek so ʼn situasie voorkom. Die kort antwoord is “bly by die huis.” Ons almal weet egter dat dit nie ʼn voldoenbare antwoord is nie. Natuurlik kan ons vra dat almal versigtig moet bestuur, seker maak dat die pad veilig is, ens. In die geval van die bus het sy band gebras. By die skoolbussie het ʼn ander voertuig die botsing veroorsaak. Dit is dus baie keer ʼn ander persoon se fout wat jou gesin direk raak.

Dinsdagoggend het ʼn paramedikus van Netcare911 oor die radio (Pretoria FM) verduidelik hoeveel chaos daar op ʼn botsingstoneel kan wees. Inligting, wat lewensbelangrik is, ontbreek. Hoeveel keer vra hulle die vrae: “Het die persoon ʼn mediese fonds, is hy allergies vir iets, wat is sy mediese kondisies, wie is sy naasbestaandes, ens.” Dit alles vertraag of belemmer die goed opgeleide paramedikus om sy werk professioneel te doen en ʼn lewe te red!

Is daar ʼn werkbare oplossing? CrisisOnCall bied ʼn baie bekostigbare diens aan waar ʼn persoon/gesin op reis deurlopend gemonitor kan word. Saam met die reismonitering word ook ʼn identifikasiesisteem aangebied wat ontwerp is deur die gebruiker (Paramedikus) vir gebruik deur die paramedikus. Hierdie sisteem is 14 jaar gelede reeds begin en word gereeld aangepas by veranderende omstandighede.

Hier is die tipe kommentaar wat gereeld ontvang word: Wouter en Ralene Hugo skryf:

Hiermee baie dankie vir die professionele wyse waarmee CrisisOnCall ons reis vandag gemoniteer  het. Aanvanklik het ons gereël vir ‘n x2 uurlikse monitering, maar CrisisOnCall het ons as reisgenote op hulle hart gedra en ons op ‘n uurlikse basis gemoniteer omrede die N3 maar ‘n riller kan wees. Ons hartlike dank aan Rita wat op ‘n vriendelike en professionele wyse ons bykans die hele dag gemoniteer het en so ook vir Carla wat die laaste twee oproepe hanteer het. Nogmaals baie dankie en ons sien uit na ons wedersydse kommunikasie met ons terug reis.”

Indien jy ook deel wil word van hierdie gemoedsrus, stuur ʼn epos na marketing@crisisoncall.co.za met die onderwerp “Alive” en CrisisOnCall stuur meer inligting oor die dienste wat hulle bied. Skakel ook die bemarkingskantoor by 0861 57 47 47.

Dienste is landswyd beskikbaar.

 

Posted on by jonckie

Comments Off on Chaos op paaie kan jou duur te staan kom!