Waarskuwing aan motoriste op pad vanaf Brits na Hartbeespoort

Crime line logo

WAARSKUWING aan motoriste wat die pad vanaf Brits na Hartbeespoort, voor Hernic myn in die aand gebruik.

Op Maandag 15 Junie 2016 om ongeveer 19:00 is ‘n jongman beroof nadat hy by ‘n rooi verkeerslig gestop het, voor Hernic myn.

‘n Blou Hyundai Getz met NW registrasie nommer het hom op die pad verby gegaan, en voor hom by die verkeerslig gestop. 3 SM’s het uit die voertuig geklim. 2 Het vuurwapens op hom gerig. Hulle het hom uit die voertuig gepluk, en terwyl een hom aanrand en sy sakke leegmaak, het die ander 2 sy voertuig deursoek vir nog buit.

Die jongman is net lig beseer, maar verstaanbaar getraumatiseer.

Hou asb. u deure gesluit, en wees op die uitkyk vir persone wat buitengewone aandag aan jou en jou voertuig gee, wanneer jy alleen op ‘n pad is.

[Madibeng Misdaad Forum]

Posted on by jonckie

Comments Off on Waarskuwing aan motoriste op pad vanaf Brits na Hartbeespoort