Toyota se topklas-supermini Yaris kry tweekleur-skakering

yaris-bi-tone_023_880x500

Dis ’n feit … wit en silwer is steeds die gunsteling-kleure vir die meeste Toyota-klante, maar onlangs was daar egter ’n beduidende styging in die gewildheid vir sommige van die meer eksotiese kleurskakerings. Vir die res van 2016 het Toyota dus aangekondig dat hy drie splinternuwe tweekleur-skakerings vir sy Yaris-supermini beskikbaar gaan stel.

Hierdie dramatiese kleurkombinasie-palet beklemtoon die uiters kenmerkende argitekteur van die nuwe Yaris perfek, veral in die manier waarop die smal boonste en gapende onderste trapesiumvormige sierrooster krul en by die Toyota-kenteken saamvloei om die kragtige kruisvorm tre skep. Hierdie jongste kleurkeuse sorg vir ’n omvou-metaalagtige swart buitebehandeling vir die boonste helfte van die romp wat by drie splinternuwe eksklusiewe kleure inval om die Yaris se prettige karakter te beklemtoon:

• Pêrelwit met swart metaalvlokkie-bokant
• Karmosynrooi met swart metaalvlokkie-bokant
• Grys metaalvlokkie met swart metaalvlokkie-bokant

yaris-bi-tone_061_880x500

Al die Yaris-modelle is ruim toegerus met dagligryligte, (ligdiodes vir die hibried-weergawe), elektries beheerde vensters reg rondom, leerbeklede stuurwiel en ratkierieknop, en die jongste Toyota Touch Multimedia-stelsel (met handvrye Bluetooth-werkinjg) ‒ alles as deel van die motor se standaard-toerusting.

Dit is natuurlik buiten die standaard-lekkernye soos 15”-allooisierwiele, afstand beheerde sentrale sluiting (met ’n wegvou-bajonetsleutel), lugversorging, elektries beheerde deurspieëls, kragstuur, stuurkontroles, dubbele lugsakke voor en kantlugsakke, sowel as sluitwerende remme (ABS) en elektroniese remkragverdeling (EBD) met remhulp (BrakeAssist).

Die hibried-model (HSD) bied selfs nog meer met die volgende toerusting buiten dié van sy petrolaangedrewe stalmaats:

 Truratkamera met gidslyne
 Sewe lugsakke wat ’n knielugsak vir die bestuurder insluit
 Klou- en stabiliteitsbeheer
 Sleutellose aansitterknop
 Ligdiode-dagligryligte
 Eksklusiewe hibried-kentekens

yaris-bi-tone_048_880x500

Die petrol-aangedrewe Yaris-weergawes het ’n standaard-diensplan van 3 jaar/45 000km terwyl die hibriedmodel ’n diensplan van 4 jaar/60 000km tesame met ’n batterywaarborg van 8 jaar/195 000km het.

Yaris-pryslys:

Yaris 1.0 Xs 5dr – R 186 700
Yaris 1.3 Xs 5dr – R 215 700
Yaris 1.3 Xs 5dr CVT – R 228 700
Yaris HSD 1.5Xs CVT – R 298 000

yaris-bi-tone_064_880x500

Posted on by jonckie

Comments Off on Toyota se topklas-supermini Yaris kry tweekleur-skakering