Aantreklike ontwerp onderskryf Toyota se status as “waardevolste handelsnaam”

iroad-grenoble-13_880x500

Toyota se fokus op emosioneel aantreklike ontwerp het hom ingevolge ’n belangrike wêreldpeiling stewig in die voorste posisie as die wêreld se waardevolste voertuighandelsnaam gehou.

Die 2016 BrandZ™ Top 100-verslag oor die wêreld se waardevolste handelsname het Toyota se voortdurende sterk handelsnaam voorgehou en gesê die hoogs aangewese voertuigvervaardiger koester die belang van ontwerp.

Die verslag het genoem dit het ’n emosionele aantrekking tot ’n handelsnaam wat vir die praktiese vernuf van sy voertuie respekteer word, gevoeg.

Die verslag, wat deur die marknavorser Millward Brown uitgereik is, raam Toyota se handelsnaamwaarde het die afgelope jaar met twee persent tot VSA$29,5 miljard (R440 miljard) gestyg.

Dit is die agtste keer in die verslag se elfjarige geskiedenis dat Toyota bo-aan die lys in die voertuigafdeling eindig.

Die tweede en derde plekke onder motorvervaardigers is deur weeldefabrikate ingeneem.

Die verslag noem dat sosiale neigings soos verstedeliking en ’n skuif van eienaarskap na voertuigdeling motorvervaardigers sal noop om ook verskaffers van mobiliteitsdienste te word.

Toyota het in afwagting op hierdie nuwe neigings reeds 70 ultra-kompakte elektriese voertuie, die Toyota i-ROAD en COMS, tot ’n vernuwende motordeel-eksperiment in die Franse stad Grenoble bygedra.

Verlede maand het Toyota ’n ooreenkoms met Uber aangekondig om ritdeelgeleenthede te ondersoek, en sal ’n strategiese belegging in die tegnologieplatform doen.

Toyota het ook aanvanklike befondsing van VSA$1 miljard goedgekeur vir ’n navorsingstigting wat kunsmatige intelligensie en robotika ontwikkel om menslike mobiliteit te bevorder.

Posted on by jonckie

Comments Off on Aantreklike ontwerp onderskryf Toyota se status as “waardevolste handelsnaam”