Toyota-hibriedverkope in Suid-Afrika oorskry 2900 eenhede

auris_035_1800x1800

Toyota se hibriedvoertuie het hul eienaars al 25 miljard liter petrol bespaar – genoeg vir elk van hul motors om teoreties om die aardbol – en verder – te ry.

Dié berekening is deur Toyota as die wêreld se voorste motorvervaardiger onthul toe hy aangekondig het dat hy reeds meer as nege miljoen Toyota- en Lexus-hibriedvoertuie regoor die wêreld verkoop het.

Die jongste mylpaal, wat in April aangeteken is, kom op die vooraand van Toyota Suid-Afrika se aankondiging dat hy sy jongste hibriedmotor, die treffende nuwe Prius, aanstaande maand bekend gaan stel.

Toyota SA se moedermaatskappy in Japan het onthul dat die algehele brandstofbesparing van sy nege miljoen hibriedvoertuie ’n gemiddeld van meer as 2770 liter per voertuig verteenwoordig as dit met petrolaangedrewe motors van soortgelyke grootte vergelyk word.

Dié besparing sal genoeg brandstof vir elk van daardie voertuie wees om minstens 52 400km, of 1,3 keer op die ewenaar om die aardbol, te ry. Dit is gegrond op dié voertuie se gemiddelde verbruik van 5,3 liter per 100km.

Maar pleks daarvan het Toyota se hibriedeienaars miljarde gespaar.

Toyota skat ook dat sy hibriedvoertuie sowat 67 miljoen ton minder CO2-uitlaatgasse as gewone petrol-aangedrewe motors van soortgelyke grootte en verrigting vrygestel het.*

“Toyota bly verbind tot die ontwikkeling van hibriedtegnologie, en dit word goed met sy voortgesette uitbreiding van hibriedmodelle regdeur ons produkreeks ten toon gestel,” sê Glenn Crompton, Toyota SA Motors se Vise-President van Bemarking. “Toyota se hibriedvoertuie pronk met suinige verbruik, min uitlaatgasse en skitterende verrigting tesame met lae loopkoste en diesielfde beginsels ten opsigte van gehalte, duursaamheid en betroubaarheid as dit waaraan ons klante al gewoond geraak het.”

Toyota se syfers word wêreldwyd gelei deur die wêreld se topverkoper-hibriedmotor, die Prius, waarvan 3,7 miljoen eenhede sedert sy buiging in Japan in Desember 1997 van die hand gesit is.

Prius c het reeds 1,25 miljoen verkope aangeteken, Prius v 634 000 en die Camry-hibried 574 000.

Hoewel dit Toyota 10 jaar geneem het om een miljoen hibriedmotors te verkoop, het die maatskappy die afgelope nege jaar nog agt miljoen hibriedmodelle van die hand gesit, en van 2009 af telkens meer as ’n miljoen per jaar. Die maatskappy se hibriedvoertuie word in meer as 90 markte verkoop.

Toyota het sy hibriedprodukte as kernomgewingstegnologie vir die 21ste eeu geposisioneer. Die maatskappy gebruik hierdie tegnologie om ook gewone motors wat nié hibriedaandrywing gebruik nie, te bevorder.

TOYOTA SE HIBRIEDVOERTUIG-MYLPALE:
Capture
TOYOTA SE HIBRIEDMOTORVERKOPE IN SUID-AFRIKA

Meer as 2900 Toyota-hibriedmodelle, wat Lexus-hibriedvoertuie insluit, het plaaslik al ’n nuwe tuiste gevind.

“Namate hibriedmodelle tot bykomende plaaslike reekse uitgebrei word en hibriedtegnologie meer toeganklik word, sien ons uit na selfs nog meer omvattende hibriedmotorgebruik,” sê Compton.

Posted on by jonckie

Comments Off on Toyota-hibriedverkope in Suid-Afrika oorskry 2900 eenhede