Vier verdagtes gearresteer, verskeie onwettige wapens gevind in Johannesburg-kaping

Die vier verdagtes wat Saterdag gearresteer is ná ‘n kaping in Tembisa, Johannesburg.]

Die vier verdagtes wat Saterdag gearresteer is ná ‘n kaping in Tembisa, Johannesburg.]

Voertuig binne 25 minute teruggekry ná vinnige reaksie deur Ctrack-reaksiespan

Vier verdagtes is in hegtenis geneem en verskeie onwettige wapens en ammunisie gevind in ‘n kaping wat oor die naweek in Rabie Ridge, Johannesburg plaasgevind het.

Die voertuigopsporingsmaatskappy Ctrack, ‘n filiaal van Novatel Wireless, het binne 25 minute sy reaksiespan op die toneel gehad nadat vier verdagtes ‘n voertuig Saterdag met gewere van sy drywer buite ‘n kafee in Tembisa gekaap het. Toe hulle gekonfrontreer word, het hulle probeer wegkom, maar is aangekeer deur die Rabie Ridge Suid-Afrikaanse Polisiediens in ‘n nabygeleë huis, waar vuurwapens en ammunisie ook gekonfiskeer is.

Die polisie het verder beslag gelê op onwettige dwelms, gesteelde huisgoedere en nóg twee gesteelde voertuie. Die slagoffer van die kaping se voertuig is suksesvol teruggekry om aan hom terug te besorg. Hy het ongedeerd van die voorval afgekom.

“Gewapende kapings vorm dikwels deel van wyer kriminele aktiwiteite. Ons is vol vertroue dat ons voertuigopsporingstelsels wetgewing help om sulke aktiwiteite hok te slaan,” sê Pierre Bruwer, besturende direkteur van Ctrack SA.

Ctrack belê voortdurend in navorsing en ontwikkeling om een stap voor die misdadigers te wees en sy opsporingskoers bo 90% te hou.

Posted on by jonckie

Comments Off on Vier verdagtes gearresteer, verskeie onwettige wapens gevind in Johannesburg-kaping