Toyota C-HR by 2016-Geneefse Motorskou onthul

2016plusgms_toyotaplusc-hr_01jpghr_1800x1800• Wêreldonthulling van C-HR – Toyota se eerste aanslag op nutsmotormark
• Kenmerkende koepee-agtige stilering
• Aangedryf deur turbopetrolenjin van 1,2 liter
• Verdere gebruik van Toyota se nuwe argitektuur-platform (TNGA)

Die C-HR, wat sy buiging by die 2016-Geneefse Motorskou gemaak het, gee Toyota ’n nuwe teenwoordigheid in die nutsmotormark. Die motor, wat oorgehaal is om as deel van die Toyota-reeks en in sy segment uit te staan, verteenwoordig Akio Toyoda se vasberadenheid om groter stylvryheid moontlik te maak en ingenieurskreatiwiteit te bevorder ten einde koppedraaier-ontwerpe en opgekikkerde rygenot te bied.

Die unieke karakter van die C-HR stel die veelsydigheid van die nuwe Toyota-argitektuur (TNGA) vir voertuigontwikkelaars in die drie kerngebiede van ontwerp, kragbronne en dinamika bloot, wat hulle ’n nuwe benadering op die immer gewilde kompakte nutsmotorsegment gee.

Die gevolg is dat die C-HR merkwaardig getrou bly aan die algemene eienskappe van die konsepmotors wat soveel openbare aandag op die Paryse Motorskou in 2014 en Frankfurt in 2015 geniet het. Die koepee-agtige lyne is bewys van ontwerpers se vasberadenheid om ’n styl te skep wat in die Toyota-reeks sal uitstaan en ’n nuwe rigting onder middelgrootte nutsmotors sal bewerkstellig.

Laastens is die rydinamika, onder leiding van die hoofingenieur Hiroyuki Koba se visie van “Reaksie, Lineêre gedrag en Bestendigheid”, doelbewus op die presisie en beheer wat agter die stuur van ’n moderne C-segment-luikrug ervaar word, geskei is ‒ danksy die verfyning van die TNGA-platform en die motor se lae swaartkragmiddelpunt. Die oogmerk was om die C-HR in staat te stel om sy spoed deur draaie met skitterende rompbeheer en vloeiende stuurgedrag te behou.

Die C-HR is ontwerp om nie net ’n genotvolle ryding te wees wanneer ’n mens deur stadsverkeer vleg nie, maar ook op die oop pad, ongeag die toestand van die padoppervlak.

’n Koepee-agtige ontwerp

Die C-HR stel ’n kenmerkende stilering bekend met ’n romp wat ’n diamant-argitektuurtema het, en wielnisse wat prominent op al vier hoeke uitstaan om die nutsmotor se krag en stewigheid te beklemtoon. Die C-HR se gemoduleerde struktuur kombineer die fris onderstel en hoër grondvryhoogte met die slanke kajuitprofiel van ’n koepee.

Die voorkant verteenwoordig ’n verdere ontwikkeling van Toyota se ontwerp-identiteit. Die slanke boonste sierrooster vloei van die Toyota-kenteken tot in die smal, aggressiewe verste kant van die kopligsamestelle en vou heeltemal om die motor se voorste hoeke.

Die lighulsels behels ligdiode-beligting met sekwensiële rigtingwysers, wat die C-HR sy eie, unieke visuele karakter gee. Die gevorderde driedimensionele vorm van die buffer aan die onderkant is by die wielnisse geïntegreer en die trapesiumvormige onderste sierroostergedeelte versterk die C-HR se breë, stewige houding op die pad.

Die skuif van die swart paneel nader aan die voor- en agterwiel tesame met die skoueras wat deurloop tot aan die voorkant na die voor- en agterkant beklemtoon die blitsige voorkoms van die dun romp.

Die C-HR se koepee-agtige stilering word verder deur versteekte deurhandvatsels in die C-pilaar en die kragtige projeksie van die vloeiende daklyn in ’n groot skeletagtige agterste drukvlerk bevorder.

Aan die agterkant integreer die skerp afgeplatte vorm die stertdeur waar die bagasieruim versteek is. Dit kontrasteer met die uitgeboude wielnisse om dié nutsmotor ’n baie breë en uiters fris houding te gee.

Die motor is die gevolg van wêreldwye samewerking tussen ontwerpsentrums op drie vastelande en is deur die projek-hoofingenieur, Kazuhiko Isawa, bestuur. Die oorspronklike buitekant-ontwerp is deur Calty, Toyota se ontwerpstudio in Kalifornië, geskep.

2016plusgms_toyotaplusc-hr_08jpghr_1800x1800

Lewendige dog suinige kragbronne

Die C-HR word toegerus met ’n moderne viersilinder-turbopetrolenjin van 1,2 liter wat 85 kW lewer. Die enjin gebruik direkte inspuiting en ’n relatiewe hoë statiese drukverhouding (vir turbo-enjins) van 10:1. Dit gee die C-HR oorgenoeg wringkrag teen lae enjinsnelhede wat ’n hoogtepunt van 185 Nm teen net 1500r/min bereik en al die pad tot by 4000r/min behou word.
Kopers sal ’n keuse van ’n sesgang-handratkas of ’n outomatiese palwisseltransmissie (CVT) hê.

Die Suid-Afrikaanse bekendstelling word vir die eerste kwartaal in 2017 beplan en inligting oor toerusting en ander detail sal nader aan die plaaslike bekendstelling aangekondig word.

20150406_02_01hr_1800x1800

Posted on by jonckie

Comments Off on Toyota C-HR by 2016-Geneefse Motorskou onthul