Toyota Corolla Quest aangewys as beste kompakte sedan

l-r-tsam-general-manager-of-communications-kerry-roodt-receives-an-award-from-group-puiblisher-of-ramsay-media-neil-piper_1800x1800Toyota Suid-Afrika Motors (TSAM) het dit weer reggekry ‒ hierdie keer deur twee trofees los te slaan: die Groen- en die Konpaktesedanmotor-pryse in CAR-motortydskrif se Top-12 beste kopies vir 2016.

Die Toyota Corolla Quest het erkenning ontvang vir sy gekombineerde waarde vir geld, onvergelykbare betroubaarheid en gemak in die kompaktesedanmotor-afdeling, terwyl Toyota se wêreld-ekovegter, die Mirai, as Groenmotor aangewys is. Daarbenewens is die Toyota Gazoo Racing SA-renjaer Leeroy Poulter as Motorsportpersoon van die Jaar aangewys.

Die paneel beoordelaars het bestaan uit CAR se gesiene motorjoernaliste wat tyd opsy geskuif het om die finaliste te bespreek voordat hulle finaal gestem het. Dit is ’n uitdagende taak, veral as ’n mens in ag neem dat ons in ’n land woon waar meer as 1000 individuele modelle bemark word. Die CAR Top-12 beste kopies (in samewerking met Tracker) bestaan al 17 jaar en gee steeds erkenning aan die 12 mees waardige motors in hul onderskeie kategorieë. Die toekennings is daarop gerig om ’n verskil in die lewe van alledaagse Suid-Afrikaners te maak en erkenning te gee aan verbruikers se ontwikkelende behoeftes en vereistes.

Die Corolla Quest is die tweede agtereenvolgende jaar as die beste kompakte sedanmotor gekroon, en die beoordelaars het dié model vir sy aangename rit en lewendige kragbron geprys. Die Quest is met die eerste opslag ’n ware waarde-proposisie met ’n wegspringprys van R190 700. Dié model bied die beste binneruimte en verrigting in sy klas en pronk met ’n skitterende reeks standaard-eienskappe.

Die Mirai is die heel eerste waterstof-brandstofselmotor wat deur ’n groot motorvervaardiger verkoop word en spreek van Toyota se vernuwende vernuf as vooraanstaande motorvervaardiger. ’n Paar plaaslike joernaliste het verlede jaar die voorreg gehad om die Mirai by ’n internasionale byeenkoms op die proef te gaan stel. Die uitlaatgaslose Mirai het dieselfde reikafstand as ’n gewone sedanmotor, en kan in minder as vyf minute hervul word.

Poulter was die enigste mens wat ’n prys in hierdie kompetisie wat hoofsaaklik deur voertuie oorheers is, ingeoes het. Hy het baie min bekendstelling nodig nadat hy verlede jaar bykans elke veldtydren gewen en uiteindelik die 2015-jaerskampioenskap beklink het. Hy was ook die naaswenner in die Suid-Afrikaanse tydrenkampioenskap. Leeroy het Suid-Afrika op fantastiese wyse in die 2016-Dakar-veldtydren verteenwoordig, en was vyfde algeheel in wat maar net sy derde deelname aan die byeenkoms was. Poulter is die enigste renjaer wat in dieselfde kalenderjaar in al drie renformules deelgeneem het.

“Dit is ’n skitterende prestasie om drie uiteenlopende toekennings te wen, veral as ’n mens in gedagte hou dat ons Toyota as uiteenlopende fabrikaat beskou,” sê Kerry Roodt, die TSAM-hoofbestuurder van kommunikasie.

“Ons is baie in ons skik om erkenning te kry vir die vordering wat die maatskappy op die gebied van waarde-vir-geld-produkte, groen tegnologie en motorsport maak,” het Roodt gesê.

Posted on by jonckie

Comments Off on Toyota Corolla Quest aangewys as beste kompakte sedan