Noue ontkoming na ‘n pap wiel en vragmotorbotsing in Wilcocksweg, Bloemfontein

IMG_4024

Dit was ‘n noue ontkoming vanmiddag in Wilcocksweg, Bloemfontein nadat ‘n vragmotor ‘n kragpaal disnis gery het. ‘n Vriendin het die volgende kort boodskap met fotos na die Arrive Alive webwerf gestuur.

“Was eintlik ‘n ongelooflike storie. ‘n Ouer dame se Mercedes se wiel was pap. Haar seun kom toe en stop voor haar. Hy begin toe die wiel regmaak. Haar foon lui en sy stap oor die straat om onder die boom te gesels. Die vragmotor sien die karre te laat. Die seun hoor die remme en harloop betyds weg. Vragmotor ry die hele paal disnis. Gelukkig is niemand beseer nie.

Daar is tans spanwerk tussen Centlec, verkeer en munisipaliteit om krag te herstel.

IMG_4026

IMG_4025

IMG_4028

IMG_4029

IMG_4027

Posted on by jonckie

Comments Off on Noue ontkoming na ‘n pap wiel en vragmotorbotsing in Wilcocksweg, Bloemfontein