Mitsubishi Voer Die Stryd Om Strande Terug Te Wen

Warm strande, warm lywe, die Hot Summer of Touch… en Mitsubishi!

Die Hot Summer of Touch is in Desember terug op die Suid-Kaapse kuslyn vir die 2015-weergawe van hierdie uiters gewilde reeks. Dit is die 15e jaar dat die toer sy draai op strande in die Suid-Kaap maak, en met Mitsubishi Motors nou die amptelike voertuigverskaffer vir die reeks, sal die opwinding sal vanjaar nog warmer as ooit wees.

Die reeks is weereens opgestel sodat dit massa-deelname sal lok, met ’n tweedevlak-uitdaging wat die Challenger Section genoem word en die professionele reeks, die Pro-Series, sal aanvul ten einde ’n groter geleentheid vir Jan en alleman te bied om in die oop- en junior afdelings deel te neem.

Spanne bestaan uit minstens agt spelers en die inskrywingsfooi is R300 per span.

Meer as 400 spanne het verlede jaar aan die 2014-reeks deelgeneem, en vanjaar se reeks sal na verwagting selfs nog groter wees en derduisende toeskouers word hierdie somer op die verskillende strande verwag om die witwarm aksie te geniet.

Die Pro-Series sal met die beste Touch Rugby-talent in Suid-Afrika spog met die agt topspanne wat mekaar in die stryd om die titel as “Kings of the Beach” sal opdreun.

Spelers en toeskouers kan baie meer as net die Touch Rugby-toernooi verwag, en die vermaak met hope pret sal deur die bekende seremoniemeester Deon Bing van die byeenkomsborg Giveaway voorsien word. Daar sal ook die gewilde Miss Touchies en Mr Six Pack-kompetisies wees, om nie eens die mees opwindende en mededingende Touch Rugby-toernooi ter wêreld te noem nie.

Stilbaai Touchies is uit die aard van die saak steeds die hoogtepunt met duisende mense wat dié dag op die strand verwag word. Hierdie byeenkoms word vanjaar die 37e keer hier aangebied.

Die datums en plekke waar die reeks vanjaar aangebied word, is:

  • 12 Desember Kampsbaai
  • 16 Desember Strand
  • 20 Desember Onrusstrand (Hermanus)
  • 23 Desember Struisbaai
  • 26 Desember Stilbaai
  • 29 Desember Diaz-strand (Mosselbaai)
  • 31 Desember Hartenbos

Skryf aanlyn in by by www.touchrugby.co.za ‒ kliek op Enter Event/Series, bel die kantoor by 021 439 8646, of op die dag van die byeenkoms soggens tussen 7:45 en 9:15.

Posted on by jonckie

Comments Off on Mitsubishi Voer Die Stryd Om Strande Terug Te Wen