Let op die veiligheid van jou voertuig se bande

4x4 Vehicle Tyre

Daar word dikwels melding gemaak in verslae oor ongelukke dat ‘n band “gebars” het en die eienaar van die voertuig beheer oor die voertuig verloor het!

Dit is belangrik dat ons alle voertuigeienaars waarsku om behoorlik aandag te gee aan die toestand van hul bande voordat hul met vakansie gaan!

Dit is ook belangrik om daarop te let dat versekeraars deeglik navraag sal doen of die bande tydens ‘n ongeluk die padwaardigheid van ‘n voertuig beinvloed het.

  • Maak gereed vir die rit:

Die spaarwiel word dikwels nagelaat by ons beplanning. Baie van ons kom eers in ‘n noodsituasie tot die besef dat ons spaarwiel pap is. Maak seker dat die spaarwiel in ‘n goeie toestand is en dat alles wat nodig is om ‘n wiel om te ruil wel beskikbaar is.

  • Maak seker van die regte banddruk

Bande verloor lug oor tyd en dit is noodsaaklik om gereeld na te gaan dat die bande almal oor die aanbeveelde banddruk beskik. Gaan dit na terwyl die bande steeds koel is en nie na jy alreeds ver gery het nie. Dit is altyd die beste om te kyk wat die voertuigvervaardiger aanbeveel as die regte banddruk en ook in ag te neem hoe swaar die voertuig gelaai word.

  • Ruil / Wissel die bande

Dit is goeie advies om die bande om te ruil en te wissel van posisie onder die voertuig. Dit kan so elke 8,000 tot 10,000km plaasvind. Dit sal hul lewe verleng sowel as die vlak van hantering bevorder.

  • Vervang die bande

Hoe dikwels jy die bande vervang sal afhang van hoeveel jy bestuur en watter afstande jy reis. Dit bly maar die beste om met kundiges hieroor te gesels. Maak seker dat die nuwe bande dieselfde grootte is as die huidige bande en doen gerus navorsing sodat jy ‘n ingeligte besluit kan neem.

Bande moet behoorlik nagegaan word te einde te verseker dat die bandgroefdiepte wel die vereiste 1mm sal wees! Maak ook seker dat die loopvlak eweredig is. Besoek gerus die kundiges ten einde seker te maak dat bande in goeie toestand is en wel wettig is!

Die noukeurige nagaan van bande sal ook ander belangrike inligting verskaf rakende die toestand van byvoorbeeld die skokbrekers.

Besoek ook op die Arrive Alive webtuiste:

Tyres and Road Safety

Posted on by jonckie

Comments Off on Let op die veiligheid van jou voertuig se bande