Ctrack sien meer as twee derde toename in kapings en motordiefstal met aanvang van Desember-vakansie

Ctrack sien meer as twee derde toename in kapings en motordiefstal met aanvang van Desember-vakansie

Ctrack se reaksiespanne is sedert begin Desember op ʼn gereedheidsgrondslag geplaas omdat die getal kapings en rooftogte beduidend toegeneem het. In vergelyking met die eerste week in Desember verlede jaar, het hierdie voorvalle met 61% toegeneem.

Brandstoftenkwaens is steeds ʼn voorkeurteiken vir kapers en diewe vanweë die hoë waarde van hul inhoud. In een voorval is twee tenkwaens onlangs gesteel uit die Witbank-erf van ʼn maatskappy wat petrochemiese vragte vervoer.

Die misdadigers het gesofistikeerde seinblokkeringstegnologie gebruik. Dié tipe tegnologie word toenemend aangewend om die opsporingsmaatskappye se seine te ontwrig. Ctrack se reaksiespan het ten spyte hiervan die tenkwa wat met ʼn Ctrack opsporingstoestel toegerus was, binne ure opgespoor. Die span het ook gehelp om die ander voertuig te vind.

“Motoreienaars en vlootbestuurders moet hierdie vakansie veral waaksaam wees en seker maak hul voertuie is ten alle tye op ʼn veilige plek geparkeer,” sê Pierre Bruwer, besturende direkteur van Ctrack.

Sien Ook:

Hijack Prevention Guidlines

Hijacking and Road Safety

Posted on by jonckie

Comments Off on Ctrack sien meer as twee derde toename in kapings en motordiefstal met aanvang van Desember-vakansie