Comrades laat wense waar word

Toyota Quest

Die 90e Comrades-marathon het meer wenners opgelewer as die twee wat goud in die mans- en dames-afdelings in Sondag, 31 Mei, se wedloop losgehardloop het.

Isaac Setsiba van Polokwane het as wenner van die Toyota Amabeadibeadi-Wen-‘n-Motor-kompetisie met ‘n splinternuwe Toyota Corolla Quest weggery.

Setsiba se sms was die gelukkige wenner in die trekking uit 531 520 sms-inskrywings wat vir die wedloop ingestuur is. Dit is aansienlik meer as die 317 886 sms-inskrywings wat verlede jaar ontvang is. Sy prys, wat meer as R180 000 werd is en is gedurende die ren ten toon gestel.

“Ons wil Isaac met sy prys gelukwens. Ons hoop die Corolla Quest sal hom van talle gelukkige en veilige reise voorsien,” het Nicole August, Senior Bestuurder vir Promosies en Borgskappe by Toyota Suid-Afrika Motors, gesê.

‘n Groot deel van die Comrades-marathon is die liefdadigheidsinisiatief deur verskillende projekte om geld vir die Amabeadibeadi-groep liefdadigheidsorganisasies in te samel. Meer as R2,7 miljoen is vanjaar net deur Race4Charity en skenkings van deelnemers hiervoor ingesamel.

“Ons is baie trots op ons verbintenis met Amabeadibeadi en die Comrades-marathonvereniging,” het August gesê. “Ons wil almal wat tot dusver daarmee gehelp het, vir hul bydraes bedank en hoop dat die sms-kompetisie ‘n gesonde bydrae tot die liefdadigheidsinisiatiewe gelewer het.

“Ons wil ook graag die twee Suid-Afrikaanse drawwers Gift Kehele en Caroline Wostmann vir hul Comrades-oorwinnings gelukwens. Jul dapperheid, toewyding en deursettingsvermoë is bewonderenswaardig.”

Posted on by jonckie

Comments Off on Comrades laat wense waar word