Comrades-marathonvereniging (CMA) en Toyota Suid-Afrika span saam vir 90ste Comrades-marathon

Comrades logo

Twee Suid-Afrikaanse helde, die Comrades-marathonvereniging (CMA) en Toyota Suid-Afrika, span Sondag weer saam om die 90e Comrades-marathon op 31 Mei 2015 in Durban aan te bied.

Toyota Suid-Afrika sal as amptelike borg en toegewyde liefdadigheidsvennoot van die CMA sy status as entoesiastiese ondersteuner van atletiek in Suid-Afrikaanse sport in die algemeen verstewig. Toyota sal benewens sy borgskap van voertuie ook ’n splinternuwe Toyota Corolla Quest aan die Comrades se AmaBeadiBeadi-liefdadigheidsinisitaief skenk.

Die Comrades-marathon het met rasse skrede sedert die eerste ren in 1921 tot die wêreld se grootste ultra-marathon gegroei. Vanjaar se ren, waarvoor net minder as 23 000 atlete reeds ingeskryf het, beloof om van begin tot einde die ene opwinding te wees.

“Toyota Suid-Afrika is nog altyd ’n toegewyde ondersteuner van Suid-Afrikaanse atletiek en die Comrades-marathon,” sê Nicole August, Senior Bestuurder vir Promosies en Borgskappe by Toyota. “Die wedloop is een van die grootstes ter wêreld en word op die voorstoep van ons vervaardigingsaanleg in Durban aangebied, wat dit dus ’n natuurlike verbintenis maak.

“Ons is baie trots daarop om weer by hierdie ikoniese ren betrokke te wees.”

Toyota sal van 28 tot 30 Mei ook ’n uitstalling by die Comrades-Expo by die Durbanse uitstalsentrum hê om inskrywings vir die Toyota Corolla Quest, die hoofprys in vanjaar se Amabeadibeadi-SMS-kompetisie, te lok.

Toyota se Corolla Quest sal as voormotor en amptelike motors in die ren gebruik word, en soos dit deesdae die gebruik is, sal die ‘laaste myl’ weer rooi en wit geverf word om die deelnemers vir die laaste gedeelte van vanjaar se moordende ren aan te spoor.

Toyota sal vir vanjaar se ren ook ’n platejoggie by die ‘laaste myl’-gedeelte hê om drawwers en toeskouers te vermaak.

** Enigiemand mag aan die Amabeadibeadi-SMS-kompetisie deelneem en hoef net die woord “TOYOTA” na 34068 te SMS vir ’n kans om die Corolla Quest ter waarde van R183 900) te wen.

Elke SMS kos R1.50 en al die opbrengste sal aan verskillende Amabeadibeadi-verwante liefdadigheidsinstellings geskenk word.

Die regstreekse trekking van die wenner sal Sondag 31 Mei tussen 16:00 en 17:00 gedoen word.

Running / Jogging and Road Safety

Posted on by jonckie

Comments Off on Comrades-marathonvereniging (CMA) en Toyota Suid-Afrika span saam vir 90ste Comrades-marathon