Toyota los voor in Maart-voertuigverkope

Hilux legend 

Marksegment Maart 2014 Maart 2015 %-verandering
Passasiersvoertuie 36 644 35 548 -3%
Ligte handelsvoertuie 15 933 16 808 5,5%
Medium handelsvoertuie 1 015 1 104 8,8%
Swaar handelsvoertuie 485 578 19%
Ekstraswaar handelsvoertuie 1 261 1 306 3,5%
Busse 102 105 2,9%
Uitvoer 24 659 34 147 38,5%
Algehele mark (plaaslik) 55 440 55 449 0%

 

Toyota het vir Maart weereens die beste verkoopsyfers aangeteken en ’n oorheersende markaandeel van 20% ingeneem en sodoende ook sy voorste posisie in die Suid-Afrikaanse motorverkopestryd bekragtig.

Die jare lange markleier het in Maart altesaam 11 047 nuwe voertuie afgelewer, wat gesteun is deur ’n gesonde vraag na die Hilux wat weer die louere as Suid-Afrika se algehele topverkoper-voertuig danksy verkope van 3 625 eenhede (31% van die algehele eenton-bakkiesegment) ingeoes het. Dit was 518 eenhede meer as sy naaste mededingers.

Ander topverkopers uit die Toyota-stal was die Corolla/Quest-kombinasie, wat die voortou in die C-segment met ’n markaandeel van 37% danksy verkope van 1 745 eenhede behou, en die Fortuner wat sy posisie as algehele markleier onder sportnutse met digby die 900 eenhede wat in Maart ’n nuwe tuiste gekry het, versterk het.

Wat vragmotors betref, het Hino Suid-Afrika ’n rekordmaand gevier danksy 523 Hino- en Dyna-vragmotors wat van die hand gesit is – dit kom neer op ’n markaandeel van 16,9% in die algehele vragmotormark en ’n skitterende vertoning in die afdeling vir Medium Handelsvoertuie (MHV) waar Hino ’n markaandeel van 30% het.

“Ons vertoning tot nou bewys dat Toyota ’n selfs nog stewiger greep op sy langtermyn-posisie as die topverkoper-fabrikaat in Suid-Afrika het,” sê Calvyn Hamman, Toyota Suid-Afrika se Senior Vise-President vir Verkope en Bemarking. “Iets wat selfs nog meer indrukwekkend is, is die feit dat ons dit in die geselskap van aansienlik groter mededinging  waarvan baie regstreeks op Toyota gemik is, vermag het.

Hoewel die styging in die beleggingsgebonde medium en swaar vragmotorsegmente met stygings van 8,8% en 7,6% onderskeidelik op vertroue in die land dui, dui die daling in die passasiersmotorsegment op groter omsigtigheid onder die motorpubliek. Dit kan toegeskryf word aan onsekerheid oor die brandstofprys, rentekoerse en voertuig-prysstigings,” sê Hamman, en voeg by dat Toyota steeds versigtig optimisties oor die voorspelling van ’n algehele mark van 630 000 vir 2015 is.

Wat voertuigfinansiering betref, het nuwe finansieringsaansoeke deur Toyota met 6% teenoor die sesmaandegemiddelde, en met 16% teenoor die vorige maand gestyg, terwyl nuwe aansoeke vir die jaar tot nou 8% hoër as verlede jaar is en op ’n styging van 10% teenoor Maart 2015 dui.

“Finansieringsaansoeke vir passasiersmotors, ligte handelsvoertuie en gebruikte motors wat deur Toyota Finansiële Dienste (TFS) ontvang en verwerk is, het met 13% teenoor die vorige maand gestyg,” sê Marius Burger, uitvoerende hoof van TFS.

 

Posted on by jonckie

Comments Off on Toyota los voor in Maart-voertuigverkope