2015-Toyota-Rust de Winter-Jamboree

RDW1

Die Rust de Winter-natuurreservaat kry een keer per jaar brullend lewe met die klank van bosbrekers en groot bande wat deur die bos ry wanneer honderde veldryers en 4×4-aanhangers op dié rustige kampeerterrein aan die oewer van die Elandsrivier sowat 100km noord van Pretoria toesak.

Dié jaarlikse byeenkoms, wat algemeen as die Toyota-Rust de Winter-4×4-Jamboree bekend staan en deur die 4×4-ATV-klub aangebied word, het die afgelope naweek plaasgevind en is weer deur Toyota Suid-Afrika geborg. Die byeenkoms het ’n rekord-getal inskrywings – 150 altesaam – gelok, waarvan 129 die tweedelige roete suksesvol afgelê het.

Dag 1 – Saterdag 25 April: die bosavonturiers het nie minder nie as tien moordende hindernisse aangedurf, waaronder die gesinsgunsteling waar bestuurders hul beterhelftes agter hul voertuie deur die modder gesleep het. Dag 2 – Sondag, se opwinding het teen dagbreek met ’n uitdagende roete oor 65km deur die bergreeks begin. Dit was ’n ware toets van mens en masjien se veldryvermoë en 4×4-vaardighede. Die amptelike prysuitdeling is Maandag 27 April gehou voordat almal huiswaarts gekeer het.

Toyota is al 24 jaar deel van die byeenkoms, wat ’n groot gunsteling op die 4×4-kalender is, aangesien dit die volmaakte platform is om die ongelooflike veldryvermoë van sy voertuie ten toon te stel. En, soos die gesegde lui, waar daar ’n rokie is, is daar ’n vuurtjie: oor die 45% van die voertuie wat deelgeneem het, was Toyotas, en 99% van hulle het die roete voltooi. Drie Toyotas het onder die voorste tien geëindig. Rudi en Yolaine van der Merwe, wat in ’n omgeboude Jeep Cherokee gery was, verdien egter om uitgesonder te word – hulle was die derde agtereenvolgende jaar die algehele wenners.

Die meeste van die deelnemers het in voertuie gery het wat omvattend omgebou is, terwyl die 4×4-mediaspan bestaande uit joernaliste van AutoLive, Autodealer, Radio Tygerberg en SA4x4, in doodgewone onveranderde Hilux 3.0 D-4D Legend 45´s en Fortuner 3.0 D-4D´s deelgeneem het.
Buiten ’n skrapie aan ’n stamper hier en daar het al vier die media-voertuie die roete foutloos kafgedraf. Die beste mediaspan was die SA4x4-deelnemers, Andrew Middleton en Tyman Smith, wat in ’n Toyota Fortuner was.

Geluk manne!

RDW2

RDW3

Posted on by jonckie

Comments Off on 2015-Toyota-Rust de Winter-Jamboree