Toyota behou verkoopsmomentum en markleierskap in voertuigverkope

 

  • Nog ’n maand se onstuitbare markleierskap
  • Sterk groei in uitvoermark

 

Marksegment Nov 2013 Nov 2014 %-verandering
Passasiersvoertuie

34 123

33 278

-2,50%

Ligte handelsvoertuie

13 608

15 076

10,80%

Medium handelsvoertuie

1 071

1 061

-0,90%

Swaar handelsvoertuie

471

484

2,80%

Ekstraswaar handelsvoertuie

819

734

-10,40%

Busse

73

111

52,10

Uitvoer

25 502

28 021

9,90%

Algehele plaaslike mark (uitvoer uitgesluit)

50 630

51 098

0,90%

 

Toyota Suid-Afrika Motors het ’n suksesvolle motorsportseisoen met ’n ewe suksesvolle verkoopsmaand van onstuitbare markleierskap in 11 van die 11 maande van 2014 tot nou met verkope van 9 986 nuwe eenhede in November se aanloop tot die jaarlikse somervakansie afgesluit.

Dit volg nadat Suid-Afrika se #1-motorvervaardiger skoonskip met sy motorsportbedrywighede gemaak het deur al die nasionale kampioenskappe – in veldtydrenne en sneltrajek-tydrenne – waarvoorToyotasy voertuie ingeskryf het, gewen het.

Toyota se November-verkope verteenwoordig 19,5% van die algehele verkope van 51 098 eenhede wat verlede maand by die Nasionale Vereniging van Voertuigvervaardigers (Naamsa) aangemeld is, terwyl sy bydrae tot uitvoer op 5 067 eenhede (18% van alle uitvoerverkope) te staan gekom het.

Die Hilux was weereens die topverkoper in die Toyota-stal met altesaam 2 897 bakkies wat in November ’n nuwe tuiste gevind het.

Wat passasiersmotors betref, het dieToyotaCorolla/Quest-kombinasie 1 749 verkope aangeteken, gevolg deur die immer gewilde Etios waarvan 1 182 eenhede van die hand gesit is.

Die gewildheid van ontspanningsvoertuie hierdie tyd van die jaar, met Toyota se RAV4 los voor op die gebied van kleiner sportnutse met aandrywing deur al vier wiele (379 eenhede), het die verkope van nuwe voertuie gehelp om effens (0,90%) in die aanloop tot die Desember-vakansie tot altesaam 51 098 nuwevoertuigverkope te styg. Dit was egter amper 14% laer teenoor Oktober, wat aansienlik sterker was as wat verwag is, maar hou die fort teenoor verkope in die ooreenstemmende maand verlede jaar (50 630 eenhede in November 2013).

“November se nuwevoertuigverkope was weereens bewys van ’n veerkragtige mark met bestendige groei, en met amper 600 000 eenhede wat vanjaar al verkoop is, lyk dit asof ons die kalenderjaar op ’n soortgelyke syfer as dié van 2013 sal kan afsluit,” sê Calvyn Hamman, Senior Vise-President vir Verkope en Bemarking by Toyota Suid-Afrika.

“Die toestande in die kleinhandelmark is moeilik en verbruikers is versigtig en konserwatief, terwyl meer aansoeke om finansiering weens banke se strenger finansieringsvereistes afgekeur word. Daarbenewens verkies sommige klante om hul nuwe voertuig eerder in die nuwe jaar aan te skaf,” sê Hamman.

“’n Sterk lopie aan die einde van die jaar kan deur positiewe faktore soos die onveranderde rentekoers en die welkome verligting van ’n laer brandstofprys aangehelp word,” sluit Hamman af.

Besoek ook:

Vehicle Finance, Car Insurance and Road Safety

Buying and Selling a Vehicle – Informed decisions and the Vehicle Retailer

Posted on by jonckie

Comments Off on Toyota behou verkoopsmomentum en markleierskap in voertuigverkope