Veediefstal ‘n ernstige bedreiging vir boere oor die hele Suid-Afrika

‘n Misdaad wat dikwels onderrapporteer word in Suid-Afrika is die diefstal van vee. Gedurende die afgelope jaar het die polisie wel verskeie deurbrake gemaak met die aankeer van misdadigers. Dit is veral in die Oos-Kaap, Mpumalanga, KwaZulu-Natal, Vrystaat en Limpopo waar hierdie misdaad voorkom. Die adjunk-minister van landbou Genl Bheki Cele het ook in September ‘n forum oor die voorkoming van veediefstal bygewoon in Queenstown.

‘n Vriend het onlangs aangedui dat 20 stoet merino lammers gesteel op sy plaas in die Distrik Kroonstad tussen Welkom en Kroonstad:

“Tussen 13-15 September is die vee is vanuit die kraal langs ‘n voerkamp verwyder deurdat die draad geknip is en aangejaag vir 6.5Km in n Oostelike rigting tot aan oorkant van die R34 waar vee opgelaai is deur vermoedelik twee voetuie. Die Lammers is almal rammetjies getatoeer met stoetmerk NHVN en stoet nommer in regter oor en geel plastiek oorplaatjies in linker oor.”

‘n Vriend het hierdie video gestuur vanuit die buiteland wat miskien snaaks mag voorkom vir Jan Alleman, maar beslis nie vir die boere wat baie geld, kundigheid en moeite bydra tot die vestiging van ‘n kwaliteit stoet nie!

Posted on by jonckie

Comments Off on Veediefstal ‘n ernstige bedreiging vir boere oor die hele Suid-Afrika