CMH Green Machine – dié leier in waterlose karwas-metodes


• Hierdie Suid-Afrikaanse innovasie word reeds na verskeie lande uitgevoer
• Die stelsel spaar tót 199 liter water per voertuig
• Alle wasmiddels is omgewingsvriendelik

“Ek stel voor ons was al ons motors – sowat 550 000 eenhede elke jaar – met feitlik géén water nie. Ek stel boonop voor dat elke motor in minder as 30 minute gewas moet word. En bowenal wil ek nie een klagte van ’n kliënt hoor nie!”

Dít was die uitdaging wat Combined Motor Holdings (CMH) se uitvoerende hoof Jebb McIntosh aan sy topbestuur gestel het. Ten tye van hierdie gesprek was die voertuig-wasareas van al CMH se handelaars en die nasionale netwerk van First Car Rental-takke swaar gebruikers van water en elektrisiteit.

McIntosh het die uitdaging aan sy bestuur gestel ná hy ’n persoonlike studie gedoen het van die omgewingsimpak van al CMH se wasareas. Teen ongeveer 200 liter water per voertuig en etlike liter wasmiddel wat op verantwoordelike wyse verwerk en gestort moes word, was dit ’n duidelike geleentheid vir die groep om koste te bespaar.

Die span van CMH het McIntosh se uitdaging aanvaar en vandag is die CMH Green Machine ’n welkome toevoeging tot wasareas regoor Suid-Afrika, Namibië, Botswana, die Verenigde Arabiese Emirate en selfs die VSA. Die CMH Green Machine gebruik slegs 750ml se water per was (en slegs om die lappe uit te spoel), wat omskakel in ’n besparing van 199 liter water per voertuig of meer as 100 miljoen liter se drinkwater per jaar.

Die CMH Green Machine is ’n kompakte alles-in-een wasarea-stelsel wat ’n spesiale tipe organiese was deur ’n laedruk-stelsel op die voertuig spuit. Die was lig enige stof of vuilheid van die voertuig se oppervlak af en die voertuigwasser kan dan die vuilheid met ’n mikrovesel-doek afvee. Die doek word gereeld uitgespoel.

Die spesiale was, wasdoeke, wiel en venster-wasmiddel en ’n industriële stofsuier is alles in ’n kompakte trollie ingebou wat klein genoeg is om tussen geparkeerde voertuie in te beweeg.

CMH se vernuwende denke oor hóé om voertuie te was het tot selfs meer besparings en innoverende gedrag gelei as wat hulle kon voorsien.

“Met die ontwerp van die stelsel het ons die besparing in water en elektrisiteit bereken en selfs gedink aan die besparing in toerusting, aangesien die handelaar sy hoëdruk-spuitstelsel kan verwyder en die omgewingsvriendelike skoonmaakmiddels nie duur filters in die dreine vereis nie. Ons het boonop uitgewerk hoeveel skoonmaakmiddel hulle kan spaar, maar selfs hierna het die gebruikers ons verras met die unieke maniere waarop hul die stelsel gebruik,” sê Steve McCulloch, Hoofbestuurder van CMH Green Machine.

As voorbeeld noem McCulloch hoe een van die handelaars sy ou wasareas in ekstra diensareas omskep het, aangesien sy skoonmaak-span die voertuie kon was waar hul staan om gediens te word. In nog ’n voorbeeld het ’n handelaar ’n toegewyde Green Machine aan elke department gegee, om te keer dat die personeel in die diens-, gebruikte voertuie en nuwe voertuig-departemente stry oor wié se voertuig eerste gewas moet word.

Enige onderneming of handelaar kan die CMH Green Machine koop of huur. Die laasgenoemde opsie sluit ook opleiding en die versiening in. In een geval het Kempster Auto in die Bluff in KwaZulu-Natal sowat R6 000 op hul water- en elektrisiteitsrekening gespaar deur die CMH Green Machine te gebruik. Met hierdie besparing kon hulle vir twee masjiene betaal.

“Ek besef nou dat ons grootste prestasie is nie die kostebesparing nie, maar wel die feit dat hierdie omgewingsvriendelike stelsel nuwe geleenthede skep vir entrepreneurs om klein ondernemings op te rig om voertuie te was by hotelle, winkelsentrums en groot maatskappy-kantore. Ons is baie trots hierop,” sê McCulloch.

McCulloch en sy span is besig om hul netwerk uit te brei om ook ander produkte aan hul kliënte te verskaf. Die belangstelling in lande soos Namibië en die Emirate het boonop aan hierdie eg Suid-Afrikaanse innovasie ’n internasionale kopersmark gegee.

“Daar is ’n groot behoefte aan innoverende produkte soos die CMH Green Machine in lande met ’n watertekort en dit bied ons ’n groot geleentheid om ons produkte uit te voer. Hierbenewens het ons reeds ’n nasionale verspreidingsnetwerk in Suid-Afrika op die been gebring en kan ons dit nou gebruik om ander produkte – soos skryfbehoeftes en kantoor-toerusting – teen bekostigbare pryse aan ons kliënte te lewer,” sê McCulloch.

Vir meer inligting oor die CMH Green Machine, besoek gerus www.greenmachine.co.za of kontak Outlook Africa.

Besoek ook:

Vehicle Maintenance and Road Safety

Posted on by jonckie

Comments Off on CMH Green Machine – dié leier in waterlose karwas-metodes