Toyota behou markleierskap met voertuigverkope in Augustus

 

  • Binnelandse verkope bly gesond
  • Jaarlikse bedryfsvoorskou onveranderd

 

Marksegment Aug 2013 Aug 2014 %-verandering
Passasiersvoertuie

39 000

37 953

-2,7%

Ligte handelsvoertuie

14 636

14 942

2,1%

Medium handelsvoertuie

1 042

1 006

-3,5%

Swaar handelsvoertuie

448

508

13,4%

Ekstraswaar handelsvoertuie

1 245

1 205

-3,2%

Busse

118

108

-8,5%

Uitvoer

21 116

25 027

18,5%

Algeheel mark (plaaslik)

56 489

55 722

-1,4%

 

Toyota Suid-Afrika het sy markleierskap die agtste agtereenvolgende maand in 2014 behou nadat hy in Augustus plaaslik altesaam 10 949 nuwe voertuie verkoop het. Dit verteenwoordig ’n aandeel van 19,6% van die 55 722 eenhede wat in Suid-Afrika verkoop is. Toyota het in ’n baie beter uitvoermaand ’n bydrae van 4 000 eenhede vir ’n aandeel van 15,9% van die algehele uitvoermark van 25 027 eenhede gelewer.

Dit was weerToyotase immergroen Hilux wat die mark van voor af gelei het en 3 238 eenhede is van die hand gesit (met die Hilux weer die topverkoper in die mark), terwyl die bekostigbare Etios en Corolla Quest onderskeidelik 1 502 en 941 eenhede verteenwoordig het. “Dis fantasties dat die Hilux weer bo-aan die lys topverkopers is,” sê dr. Johan van Zyl, die Uitvoerende Hoof en President van Toyota Suid-Afrika, en voeg by dat die sukses van die nuwe Corolla (843 eenhede) en Fortuner (959 eenhede) ook Toyota se sterk vertoning in die passasiersmark weerspieël.

“Die mark hou gewis sy kop hoog danksy ’n styging van 3,25% in verkope teenoor verlede maand – en dit ten spyte van voortgesette ekonomiese druk, die wisselkoers en rentekoersstygings, terwyl voortdurende groei in veral die ekstraswaar handelsvoertuigsegment op infrastruktuurontwikkeling dui,” sê dr. van Zyl.

“Verbruikers sal egter skugter bly om nuwe skuld aan te gaan. Klante se koopbesluit word deur negatiewe sentiment soos stakings, ekonomiese wantroue, internasionale onbestendigheid, rentekoersbewegings en prysstygings beïnvloed.  Die voortgesette groei in die mark vir kleiner passasiersmotors sowel as dié vir gebruikte motors bewys dat bekostigbaarheid groot voorkeur onder Suid-Afrikaanse kopers geniet,” sluit hy af.

Posted on by jonckie

Comments Off on Toyota behou markleierskap met voertuigverkope in Augustus