‘n Bestuurslisensie maak jou nie ‘n goeie bestuurder nie!

Dit is uiters belangrik dat ons bestuur binne ons vermoëns! Wat hierdie vermoëns egter behels is vir te veel van ons nie duidelik nie. Dit is veral die jonger bestuurders wat hiermee sukkel.

Daar is ‘n aansienlike veskil in die wyse hoe ‘n leerling bestuurder homself handhaaf agter die stuurwiel teenoor die bestuurder wat maar onlangs sy bestuurslisensie verkry het.

Waarom moet ons in die besonder versigtig wees teenoor bestuurders sonder die nodige ervaring?

Ons vind ‘n interessante bespreking hieroor op ‘n blog oor motorversekering met die beskrywing Should we not be testing learner drivers on ability to drive on the freeway as well?!!

Kortliks opgesom word die vraag gevra of ons leerlingbestuurders behoorlik toets en in die besonder hul vermoëns om op die snelweg te bestuur. ‘n Besoeker aan die Arrive Alive webwerf is van mening dat die huidige bestuurstoets [die K53] nie voldoende toetsing vereis nie.

‘n Kenner ten opsigte van die bestuurstoets, Gavin Hoole, het hierop reageer en meer besonderhede oor die vereistes mooi saamgevat op sy blog beskrywing Learner Driver Training and Testing on the Free way

Daar is ook veel ander bestuursvaardighede wat nie getoets word nie. As eenvoudige voorbeelde kan geneem word die vaardighede verlang:

–          Om te bestuur in bergpasse

–          Veilige bestuur op grondpaaie

–          Bestuur terwyl ‘n sleepwa gehak is agter die voertuig

–          Bestuur in die nag

–          Die veilige verbygaan van voertuie

Dit is heeltemal verstaanbaar dat daar nie al die bestuursvaardighede in een toets getoets kan word nie. Uit ‘n opvoedkundige oogpunt is dit egter belangrik om bestuurders te laat besef dat daar ‘n noodsaaklikheid bestaan vir versigtige , verdedigende bestuur en nie maar net te aanvaar dat jy in staat is om orals te bestuur soos die ervare bestuurder wat al blootgestel is aan ‘n verskeidenheid van omstandighede nie!

Vir meer oor verdedigende bestuur besoek ook die skakel:

Defensive Driving and Road Safety

Posted on by jonckie

Comments Off on ‘n Bestuurslisensie maak jou nie ‘n goeie bestuurder nie!