Die toestand van jou bande beinvloed nie net jou eie veiligheid nie maar ook die van ander op die pad!

Hoe dikwels gaan jy jou bande na? Stap jy soms om die voertuig voor jou vertrek om te verseker dat hul almal in ‘n goeie toestand is en let jy ook op die toestand van die spaarwiel? Baie dikwels word ons eie voertuig se bande nagegaan maar nie die bande van ‘n waentjie wat ons sleep nie. Ten einde ongelukke te voorkom is dit nodig dat ons baie meer aandag sal gee aan die onderhoud van ons voertuie!

Gereelde nagaan van die toestand van ons voertuie mag voorkom dat hul onklaar word en ons op onaangename plekke en tye weerloos laat!

‘n Gereelde besoeker aan die Arrive Alive webwerf het ‘n video gedeel van ‘n band van ‘n vragmotor wat “bars”! Hierdie video toon duidelik hoe gevaarlik dit kan wees nie net vir die bestuurder nie maar ook vir ander padgebruikers naby so ‘n voertuig!

Op die Arrive Alive webwerf vind ons heelwat inligting oor die veiligheid van bande onder die opskrif “Tyre Safety”. Ons deel graag hierdie inligting in ‘n poging om groter bewustheid te skep rakende padveiligheid en die voorkoming van ongelukke!

Lees ook:

Road Safety and Tyre Safety

Changing a Tyre next to the Road Safely

Posted on by jonckie

Comments Off on Die toestand van jou bande beinvloed nie net jou eie veiligheid nie maar ook die van ander op die pad!