Sal jy weet hoe om ‘n band veilig om te ruil langs die pad?

Die omruil van ‘n pap band is iets wat meeste van ons genadiglik selde hoef te doen. Dit is ook nie iets wat ons ooit oefen nie – meeste van ons is maar aangewese op ons geheue van wat ons al waargeneem of gehoor het van vriende wanneer ons skielik langs die pad tot stilstand kom met ‘n pap band.

Ons word ook baie op ons gemak met al die nooddienste en hulplyne van die motorvervaardigers en is veel meer geneig om ‘n inbellyn te skakel en hulp te ontbied. Motorversekeraars het gewoonlik duidelike aanwysings van watter nommers om te skakel in die geval van nood.

Maar wat as dit op ‘n uiters ongemaklike plek ver weg van hulp gebeur of jy liefs nie die risiko wil loop om te lank gestrand te wees in ‘n vreemde area nie?

Sal jy in staat wees om daardie band self om te ruil – en sal jy dit kan doen met die nodige aandag aan veiligheid? Hierdie video toon op ‘n komiese manier die gevare van die omruil van ‘n pap band en nooi voertuigeienaars om meer uit te vind oor die “Runflat” bande tegnologie. In Afrikaans word dit genoem “Papry- bande”.

Op die Arrive Alive webwerf het ons belangrike inligting saamgestel oor hoe om ‘n band veilig om te ruil langs die pad:

Changing a Tyre next to the Road Safely

Run Flat Tyre Technology and Road Safety

Posted on by jonckie

Comments Off on Sal jy weet hoe om ‘n band veilig om te ruil langs die pad?