Kan ek nie maar die motorversekering los en eerder net versigtiger bestuur nie?

Hierdie is ‘n vraag wat baie van ons gereeld vra. Ons uitgawe vir motorversekering word dikwels beskou as ‘n onaangename dog noodsaaklike aankoop of wat die Engelse na verwys as ‘n “grudge purchase”. Ons tel daardie maandelikse paaiemente op en dan wonder ons wat ons daarmee sou kon aankoop, of wat nou eintlik duurder as dit sou kon kos om te herstel?!

Dit is eers wanneer ons in ‘n ernstige ongeluk betrokke is en die skade veel groter is as wat ons bymekaar sou kon maak dat ons versekering vir ons die moeite werd voel.

Die waarheid is dat ons deeglik bewus moet wees van die aard van die risikos waarteen ons beskerm word en wat die herstel en vervangingskoste van so ‘n voertuig kan beloop! Daar is bloot goeters waarteen die versigtigste bestuurder hom nie kan beskerm nie.

In die padveiligheidsomgewing is daar talle wat maan dat ons nie moet praat van ongelukke nie maar wel van botsings. Die rede hiervoor is dat ongelukke meestal voorkombaar kan wees. Volgens sommige moet na ‘n ongeluk net na verwys word as a “skielike onvoorsiene gebeurtenis”. Die enigste probleem is dat dit vir die onskuldige party egter altyd ‘n “ongeluk” mag wees  – met ander woorde – iets waarteen hy hom nie sou kon beskerm nie!

‘n Goeie vriend van die Arrive Alive webwerf het fotos gestuur in ‘n email met die titel “En jy dink jou dag is sleg?”

Dit het my laat dink aan ‘n paar ander gevalle in Suid-Afrika waar skade bloot onverwags was en waar die eienaars sou wens dat hul wel verseker was! Ons deel graag ‘n paar voorbeelde!

Maak maar liefs seker dat jy beskerm is teen “ongelukkies” deur jou maandelikse motorversekering op datum te betaal!

Posted on by jonckie

Comments Off on Kan ek nie maar die motorversekering los en eerder net versigtiger bestuur nie?