Tien dood en veertig beseer in busongeluk op Hazyview pad naby Witrivier in Mpumalanga

Foto deur @renejuane

Tien mense is dood en veertig beseer toe n bus en n trok met mekaar gebots het op die Hazyview pad naby Witrivier in Mpumalanga.

Nooddienswerkers van ER24 en ander dienste het die bus in ligtelaaie gevind toe hulle op die toneel opgedaag het.

Tien mense was om die bus gevind met noodlottige brandwonde en beserings. Veertig mense is behandel vir verskeie ernstige beserings.

Brandbestreiders het lank gespook om die brand te blus terwyl paramedici op die toneel gewerk het.

Die oorsaak van die toneel is nog onbekend.

Werner Vermaak

ER24

Posted on by jonckie

Comments Off on Tien dood en veertig beseer in busongeluk op Hazyview pad naby Witrivier in Mpumalanga

Category: Algemeen