Gee aandag aan veiligheid tuis ten einde gevare van vuur in die winter te voorkom!

Tydens winter bibber ons van die koue en probeer alles denkbaar om tog ‘n bietjie ekstra hitte in ons huise te kry! Ons pogings om die temperatuur te vehoog is ongelukkig ook dikwels die rede waarom daar ‘n vuur ontstaan wat beide ons eiendom en lewens kan bedreig! Ons wil graag hiermee ‘n paar wenke aanhaal vanaf die Arrive Alive webwerf oor hoe ons onsself kan beveilig:

Die voorkoming van vure tuis  / Wat om te doen en nie te doen nie!

Wat om te doen:

Koop ‘n klein brandblusser van ‘n betroubare verskaffer en hou dit by die huis -maak seker dat jy weet hoe om dit te gebruik!

Maak seker dat jy weet watter noodnommers om te skakel in die geval van vuur! Brandweer nommer – skakel 10177

Wees vertroud met die waarskuwings op elektriese toestelle – moenie verwarmers bedek nie!

Gaan elektriese kabels gereeld na vir beskadiging.

Moenie ‘n vertrek verlaat waar ‘n kers brand, verwarmers aan is , die vuur lustig brand binne die vuurherd of olie kook op ‘n stoof nie!

Moenie persoonlike besittings eers probeer bymekaarmaak nadat ‘n vuur uitgebreek het en voor jy die vertrek verlaat nie.

Moet nooit ‘n olie-vuur probeer uitdoof met water nie.

Moenie ‘n geslote deur oopmaak van ‘n vertrek wat aan die brand is nie.

Moenie ‘n vertrek binnegaan wat aan die brand is nie.

Moenie terugkeer na ‘n vertrek wat aan die brand is nie.

Wat om te doen

Bly laag op die grond van ‘n vertrek wat aan die brand is  – Rook sal styg en deur laag te bly verminder jy die risiko van versmoring en besering as gevolg van die inasem van rook.

Bedek jou neus en mond met ‘n klam doek. Dit verminder ook die risiko van die inasem van skadelike gasse.

Verlaat die brandende gebou so spoedig moontlik!

Maak seker dat jy brandende sigarette, sigare en pyptwak op die regte manier effektief smoor.

Vir meer inligting besoek:

Safety from Fire at Home 

 

Posted on by jonckie

Comments Off on Gee aandag aan veiligheid tuis ten einde gevare van vuur in die winter te voorkom!