Toyota steeds markleier midde stadige verkope in April

 

 

  • Voertuigverkope kwyn weens vakansiedae in April
  • Onderliggende ekonomiese druk bly teenwoordig
  • Toyota gekroon as wêreld se topverkoper-handelsnaam

 

Marksegment  April 2013 April 2014 %-verandering
Passasiersvoertuie

34 496

30 848

-10,6%

Ligte handelsvoertuie

14 458

12 796

-11,5%

Medium handelsvoertuie

906

795

-12,3%

Swaar handelsvoertuie

406

404

-0,5%

Ekstraswaar handelsvoertuie

1 135

1 091

-3,9%

Busse

97

79

-18,6%

Uitvoer

24 943

16 081

-32.6%

Algehele mark (plaaslik)

51 498

46 013

-10.7%

 

 

Toyota Suid-Afrika Motors het in April die pas op die gebied van verkope gehandhaaf ten spyte van  die korter verkoopsmaand weens die aantal openbare vakansiedae wat kleinhandel-aktiwiteit vertraag en die vervaardiging van gewilde plaaslike modelle gekniehalter het.

 

Toyota het verlede maand altesaam 8 828 passasiers- en ligte handelsvoertuie aan klante gelewer, wat ’n markaandeel van 19,1% in die algehele mark van 46 013 nuwe voertuie – ofte wel amper een uit elke vyf Suid-Afrikaans vervaardigde voertuie – verteenwoordig. In hierdie tyd het Toyota sy markaandeel verstewig en feitlik geen markaandeel afgestaan in die dalende mark nie. Toyota het ook sy markaandeel oor die laaste 2 jaar stelselmatig verstewig te midde van ‘n dalende mark.

 

“Ons is gewoond aan die minder verkoopsdae in April, maar dit het vanjaar gevoel asof April nog korter as gewoonlik is namate talle voornemende kopers hul vakansies gerek het om al die verskillende openbare vakansiedae in te sluit. Ons glo baie van dié verkope is tot in Maart vervroeg, wat ’n relatiewe goeie maand was.

 

 

“Ons sal sake in Mei nougeset dophou om te kyk of dit enigsins deur uitgestelde verkope in April beïnvloed word,” sê Calvyn Hamman, Senior Visepresident van Verkope en Bemarking by Toyota Suid-Afrika Motors.

 

Buiten die vakansiedae lyk dit asof die groei in die voertuigmark tekens van ’n afname begin toon. Hamman verduidelik dat die vakansiedae ’n gerieflike verskoning vir die minder besoeke is wat alle fabrikate aan hul motorvertoonlokale ondervind het. Die omvang van die daling in verkope teenoor April 2013 dui eerder op ekonomiese drywers.

 

“Ons het die druk op besteebare inkomste – hoër as die inflasiekoers – in die belangrikste voertuigmarkte in ag geneem, soos die e-tol in Gauteng, en die algemene gevoel onder markontleders is dat ekonomiese groei in ons raming van ’n effense daling in voertuigverkope in 2014, wel sal afneem,” sê Hamman.

 

’n Algemene ontleding van voertuigverkope in April weerspieël Hamman se siening, aangesien die algehele mark ’n daling van 10,6% teenoor die 51 498 eenhede wat in dieselfde maand verlede jaar verkoop is, verteenwoordig.

 

Al die belangrikste segmente het in teenstelling met April 2013 gedaal – passasiersmotorverkope het met 10,6% tot 30 848 eenhede gedaal, en verkope van ligte handelsvoertuie met 11,5% tot 12 796 eenhede. Verkope van medium, swaar en ekstraswaar handelsvoertuie het onderskeidelik met 12,3%, 0,5% en 3,9% gedaal.

 

Uitvoersyfers het op soortgelyke wyse teenoor vorige maande gedaal namate baie vervaardigers die onderbreking in vervaardigingsprogramme oor al die vakansiedae beplan het ten einde noodsaaklike instandhoudingswerk te doen of, soos in die geval van Toyota om die monteerlyn van sy vierde plaaslik vervaardigde model, die Toyota Quest, te finaliseer.

 

“Die Corolla Quest is ’n unieke nuwe Suid-Afrikaans vervaardigde voertuig wat dieselfde ontwerp en tegnologie van die vorige geslag Toyota Corolla bied, maar dit met ’n eg Suid-Afrikaanse vaardigheid kombineer om ’n C-segment-voertuig teen ’n B-segment-prys te bied. Die Corolla Quest, wat dieselfde doen as wat die Toyota Tazz voorheen in die B-segment gedoen het – deur ’n sub-B-segment (B-segment-grootte teen A-segment-pryse) te bied – skep ’n nuwe sub-C-segment, wat ’n gesinsmotor teen stadsmotorpryse bied,” sê Hamman.

 

Die Toyota Corolla Quest sal in Mei in vertoonlokale wees en bied teen net R174 900 uitstaande waarde vir geld.

 

  • In verwante nuus het Toyota onlangs aangekondig dat die Toyota Corolla terug in die topposisie as die wêreld se topverkoper-motor is nadat 1,22 miljoen eenhede in 2013 van die hand gesit is. Toyota, wat bykans 10 miljoen voertuie wêreldwyd gebou het, is ook as die topverkoper-vervaardiger ter wêreld gekroon. Toyota Suid-Afrika Motors het ook sy eenmiljoenste plaaslik vervaardigde Corolla in 2013 gevier en hoop om plaaslike vervaardiging met die bekendstelling van die Corolla Quest ’n verdere hupstoot te gee.
Besoek ook:

Posted on by jonckie

Comments Off on Toyota steeds markleier midde stadige verkope in April