Toyota vertoon goed in staande mark

2014 Toyota Corolla - Exclusive 1.8

 

  • Groei in verkope vertraag midde ekonomiese druk
  • Uitvoerverkope sal na verwagting in 2e kwartaal van 2014 begin styg
  • Toyotaverwag verdere volumegroei uit nuwemodelbekendstellings in nuwe kwartaal

Marksegment Maart 2013 Maart 2014 %-verandering
Passasiersvoertuie

37 612

36 798

-2,2%

Ligte handelsvoertuie

15 289

15 848

+3,7%

Medium handelsvoertuie

1 008

1 005

-0,3%

Swaar handelsvoertuie

394

487

+23,6%

Ekstraswaar handelsvoertuie

1 036

1 263

+21,9%

Busse

111

102

-8,1%

Uitvoer

27 782

24 665

-11,2%

Algehele mark (plaaslike verkope)

55 450

55 503

+0,1%

 

 

Die vraag na die nuwe Toyota Corolla en ’n sterk vertoning op die gebied van verkope van gunstelinge soos die Toyota Hilux, Fortuner, Ses’fikile-taxi en die Etios, het Toyota Suid-Afrika Motors se markaandeel in Maart midde staande verkope verhoog.

Toyota het in Maart 11 688 eenhede van die hand gesit en ’n markaandeel van 21,2% in ’n mark waarin 55 363 eenhede verkoop is, behaal. Dit is ’n styging van 1,7% inToyotase algehele markaandeel die afgelope maand.

“Ons is baie opgewonde oor die ontvangs van die nuwe Corolla, wat by ons aanleg in Durban vir die plaaslike en internasionale markte vervaardig word en van Maart af te koop is,” sê Calvyn Hamman, Senior Visepresident vir Verkope en Bemarking by Toyota Suid-Afrika Motors.

“Die nuwe Corolla verteenwoordig ’n belegging van oor die R1 miljard in ons Suid-Afrikaanse bedrywighede, en behoort ons uitvoerprogram vir 2014 ’n stewige hupstoot te gee,” sê Hamman.

Volkskaalse uitvoer van die nuwe Corolla het in Maart afgeskop enToyotase posisie as Suid-Afrika se grootste motorvervaardiger-uitvoerder versterk.

Altesaam 7 911 Toyota-voertuie wat plaaslik vervaardig is, is regoor die wêreld verskeep.

Plaaslike voertuigverkope het relatief staande gebly. Die enigste merkbare verandering was die effense afname in die passasiersvoertuigmark, wat met 338 eenhede, ofte wel 2,2%, teenoor dieselfde maand verlede jaar gekrimp het.

’n Oorsig van die eerste kwartaal se verkope onthul dat die mark met 3,3% tot 160 278 eenhede gedaal het, terwyl uitvoerverkope met 16,3% tot 60 449 eenhede vir die eerste kwartaal gedaal het.

“Voertuigverkope hou relatief goed as ’n mens die negatiewe uitwerking van die 0,5%-styging in die rentekoers, prysverhogings in die skadu van die dalende waarde van die rand, en die algehele druk op besteebare inkomste, in ag neem,” sê Hamman.

“Terselfdertyd moet ’n mens jou nie te veel oor die eerste kwartaal se plaaslike en uitverkope te bekommer nie, aangesien verskeie vervaardigers eers in Maart behoorlik op die uitwerking van verlede jaar se staking van sewe weke herstel het, terwyl ander, soos Toyota, na nuwe modelle oorgeskakel het, wat verkope in die oorskakelingstydperk beïnvloed het,” sê Hamman.

Die Toyota Hilux was in Maart steeds Suid-Afrika se topverkoper-voertuig sowel as vir die jaar tot op hede. ’n Nuwe neiging van kleiner, meer brandstofdoeltreffende enjins in handelsvoertuie word bespeur. Die afskaling onder passasiersmotorverkope duur voort namate verbruikers beter brandstofdoeltreffendheid en kragtiger, kleiner enjins in passasiersmotors verkies.

Wat dít betref, sê Hamman ’n peiling van algemene terugbetalings dui daarop dat die gemiddelde private koper die druk van stygende leefkoste begin voel en dit probeer beperk deur hul terugbetalingstermyn te verleng en/of ’n ballonbetaling aan die einde van die terugebtalingstydperk kies. Dit beteken dat baie private kopers meer vatbaar vir enige verdere stygings in die inflasie- en rentekoers is.

“Ons bly in die lig van die algemene verwagting dat die rentekoers en voertuigpryse later in die jaar nog verder sal styg, by ons voorspelling dat algehele voertuigverkope vanjaar effens sal daal. Namate prysstygings onder nuwe voertuie deursyfer, sal dit ’n meer positiewe uitwerking op die hoeveelheid gebruikte motors hê weens die groeiende gaping tussen nuwe en gebruikte voertuie.

“Ons verwag egter ’n verdere styging in ons verkope terwyl ons ons op die bekendstelling van nog ’n plaaslik vervaardigde hoëvolumeverkoper, wat ons nog in hierdie kwartaal sal aankondig, voorberei,” sê Hamman.

Posted on by jonckie

Comments Off on Toyota vertoon goed in staande mark