Rapporteer gevaarlike situasies op die pad!

Die Arrive Alive website het ‘n e-pos ontvang van ‘n gereelde besoeker met ‘n versoek om aandag te gee aan ‘n gevaarlike situasie op die pad:

“Ek het laas keer paaie by die Olivandsfontein en Ou Pretoria rylaan in Midrand geraporteer ten opsigte van veiligheid en daar was daraan aandag gegee. Baie dankie daarvoor.

Nog ‘n probleem wat ek ondervind is dat die Ou Pretoria pad wat na die Suide toe loop het egter geen toegee aan die Garages wat aan die ander kant van die pad gelee is nie.

Daar was onlangs ‘n ongeluk by die Garage by die Caltex Garage weens dat die voertuie ‘n u-draai moet maak om by die garage uit te kom. Kyk asb dat hulle daar ‘n toegee draai kan sit, so ook baie ander voorbeelde in die pad.

Besoek ook:

Rapporteer swak/ onveilige bestuur

Die gevare aan die maak van ‘n U-Draai

Posted on by jonckie

Comments Off on Rapporteer gevaarlike situasies op die pad!