Toyota brei RAV 4-Reeks uit

2014 Toyota RAV4 2.2 D VX2014 Toyota RAV4 2.2 D VX

 

  • Gewilde 2,2ℓ-D-4D-enjin nou in VX met outo-ratkas beskikbaar
  • Nuwe 18”-allooiwiele vir die 2.5 VX
  • Nuwe multimedia-stelsel vir al die modelle

Toyotase gewilde RAV4 sal sy posisie in die hartjie van die middelgrootte-sportnutsmark met die bekendstelling van ’n splinternuwe model en opgekikkerde toerusting versterk.

Kopers wat Toyota se doeltreffende 2,2ℓ-D-4D-diesel vir hul RAV4 kies, het tot nou net die keuse van ’n handratkas en die GX-pakket gehad. Wel, dis nie meer die geval nie – hierdie gewilde model is nou vir die 2014-modeljaar ook met die nuwe outomatiese sesgang-ratkas en die weelderiger VX-pakket beskikbaar.

Ander veranderinge wat regdeur die reeks aangetref word, sluit in ’n nuwe raakskerm-multimediastelsel (standaard-toerusting) sowel as nuwe 18”-allooispeekwiele wat net vir die 2.5 VX-weergawe bestelkanword.

Die opgekikkerde multimedia-stelsel het nuwe kontroles wat op ergonomiese gebied verbeter is, sowel as ’n nuwe hoëresolusie-skerm wat vier keer meer beeldelemente (pixels) as die oorspronklike stelsel het. Dit lei tot helderder, skerper beelde. Die pakket bied ook Bluetooth vir handvrye telefoonoproepe; ’n trurat-kamera (VX-modelle); voertuig-inligting, wat ritdata en die klimaatbeheer-profiel insluit; en beheer van die verstellings vir die deurslotte en beligting. Dit sorg ook vir die eenvoudige koppeling van iPods en MP3-spelers deur middel van ’n USB-sok of Bluetooth. Die klankselsel soos die radio en CD-spelerkan ook deur die raakskerm beheer word.

Glenn Crompton, Toyota Suid-Afrika Motors se Vise-President van Bemarking, het die uitgebreide en verbeterde reeks as volg opgesom: “Toyota se verbintenis tot voortdurende verbeterings, tesame met ’n entoesiastiese verbruikersaanvraag, het ons aangespoor om hierdie nuwe model en die jongste verbeterings aan die reeks nou aan die mark beskikbaar te stel, eerder as om ’n meer tipiese opgraderingstydsberekening te gebruik.”

Rav 4 Range 22014 RAV4 2.5 VX

Petrol- en diesel-enjins

Die RAV4 is met enige van drie verskillende viersilinder-enjins beskikbaar, wat met die tweeliter-petrolenjin van 107 kW vir die tweewielaangedrewe weergawes (2WD) afskop.

Die ander modelle met aandrywing deur al vier wiele (AWD) kan gekies word met ’n 2,2ℓ-turbodiesel van 110 kW wat ’n stewige 340 Nm se wringkrag ontwikkel, of ’n 2,5ℓ-petrolweergawe van 132 kW.

Die 2WD-RAV4 het ’n sesgang-handratkas ofToyota se outomatiese Multidrive S-transmissie, wat bestuurders ook die keuse van ’n sportiewe sewe-gang-model met sekwensiële ratwisseling bied.

Die petrol-aangedrewe weergawes met aandrywing deur al vier wiele het ’n outomatiese sekwensiële multimodus-sesgangtransmissie, terwyl die AWD RAV4-diesel die keuse van die sesgang-handratkas of outomatiese multi-modus-transmissie bied.

Die vierwielaangedrewe RAV4 maak gebruik van Toyota se gevorderde tegnologie vir aandrywing deur al vier wiele, wat dinamiese wringkragbeheer genoem word.

Die stelsel, wat inligting van verskillende sensors vir spoed, stuurhoek en swaaibewegings gebruik, beheer die wringkragoordrag tussen die voor- en agterwiele voortdurend deur middel van ’n elektromagneties beheerde koppeling wat net voor die agterste ewenaar gemonteer is.

Dié wringkragverdelingkan van 100:0 tot 50:50 wissel, terwyl suiwer voorwielaandrywing (100:0) outomaties in gewone rytoestande ingespan word om brandstofverbruik te verbeter.

Die RAV4 gebruik ’n ingewikkelde, interaktiewe hoëspoed-beheerstelsel om die dinamiese wringkragbeheer-aandrywing deur al vier wiele, voertuigstabiliteitsbeheer- en elektriese kragstuurstelsels te koördineer ten einde verrigting, hantering en veiligheid in alle rytoestande te verbeter.

 

Twee toerusting-pakkette

Die RAV4 se verskillende toerusting-pakette (GX en VX) bied ’n groot hoeveelheid standaard-toerusting.

Die GX-modelle is alles behalwe suinig danksy buite-kenmerke soos dakspore, 17”-allooiwiele, en dagligryligte (DRL) as deel van sy standaard-toerusting. Die enigste buite-kenmerk wat tussen die 2,0ℓ-modelle en die 2.2 D-4D verskil, is die gebruik van ingeboude misligte in laasgenoemde weergawe.

Kyk ’n mens na die vlagskip-VX-weergawe, kry hy ’n chroom-insetsel in die voorste buffer, modderklappe voor en agter, elektries wegvoubare deurspieëls, ’n glasdak wat kan kantel en oopskuif, en hoësterkte kopligte (HID) met ’n ingeboude skoonmaakstelsel. Die 2.5 VX het, soos reeds genoem, nuwe 18”-allooiwiele pleks van die vorige weergawe se 17”-wiele.

Die deftiger en meer toerusting word binne voortgesit. Die standaard-toerusting van die GX-modelle behels nou elektries beheerde vensters, afstand beheerde sentrale sluiting, handverstelbare klimaatbeheer, die raakskerm-vertoonskerm, wegvoubare bagasieruimseiltjie met ’n net-afskorting, en parkeerhulpsensors agter, om maar net ’n paar daarvan te noem.

Die VX-gradering voeg leerbekleedsel regdeur, elektries verstelbare bestuurdersitplek met laerugsteun, sitplekverwarmers voor, outomatiese dubbelsone-klimaatbeheer, truratkamera, elektriese werking vir die agterste laaideur (met geheuewerking), spoedbeheer en ’n sleutellose toegangstelsel (Smart Entry) by.

Die vyfster-gegradeerde RAV4 is toegerus met sitplekke wat sweepslagbeserings verminder, sowel as sewe lugsakke – alles deel van sy standaard-toerusting, wat ook ’n knielugsak vir die bestuurder en tweekamer-kantlugsakke voor insluit.

Aktiewe veiligheidstelsels sluit in ABS met EBD, BA, VSC (voertuig-stabiliteitsbeheer) en TRC (kloubeheer), terwyl die AWD-modelle verder ook VSC+ het, wat die voertuig se elektriese kragstuurstelsel (EPS) by die stabiliteitsbeheer inskakel.

RAV 4 Range2014 Toyota RAV4 2.2 D VX

 

Pryse

RAV4 2.0P 2WD GX                          –           R290 300

RAV4 2.0P 2WD GX Multidrive S      –           R300 300

RAV4 2.2D AWD GX                                     –           R 365 300

RAV4 2.5P AWD VX 6 outo               –           R412 400

RAV4 2.2D AWD VX 6 outo               –           R438 900 (nuwe model)

 

Die nuwe RAV4 word gedek deur ’n waarborg van drie jaar/100 000 km en ’n standaard-diensplan vir vyf jaar/90 000 km. Die nuwe modelle word nou ook deur die ToyotaCare-padhulpdiens-program gedek, wat eienaars 24 uur per dag se padbystand vir algehele gemoedsrus bied.

 

Posted on by jonckie

Comments Off on Toyota brei RAV 4-Reeks uit