Toyota behou sy kroon op vooraand van nuwe Corolla se bekendstelling

 

  • Toyotadie enigste fabrikaat wat in kort maand deur 10 000-verkopekerf breek
  • Uitvoer kry momentum namate Corolla-monteerlyn met volle produksie begin
  • Hilux die topverkoper-voertuig in Suid-Afrika
Marksegment Februarie 2013 Februarie 2014 %-verandering
Passasiersvoertuie

36 390

34 414

 5,4%

Ligte  handelsvoertuie

14 752

14 879

+0,9%

Medium handelsvoertuie

930

910

 2,2%

Swaar handelsvoertuie

421

436

+3,6%

Ekstraswaar handelsvoertuie

839

1 069

+19,7%

Busse

90

106

+17,8%

Uitvoer

27 081

21 819

 19,4%

Algehele mark (plaaslik)

53 476

51 814

 3,1%

 

Verkope van nuwe voertuie het in die kort verkopemaand in Februarie effens momentum verloor namate sekere groot vervaardigers steeds besig is om monteerlyne vir nuwe modelle voor te berei en die huidige ekonomiese klimaat kleinhandel-verkope steeds kniehalter.

“DieToyotaCorolla-verkoopsyfer is ’n goeie voorbeeld van wat in die geval van meer as een vervaardiger gebeur en wat verkoopsgroei demp,” sê Calvyn Hamman, Senior Visepresident van Verkope en Bemarking by Toyota Suid-Afrika Motors.

“Die laaste verkoopsveldtog vir die huidige Corolla was meer suksesvol as beplan en synde die nuwe Corolla nog nie beskikbaar was nie (dit is nou by handelaars te kry) was daar ‘n reusetekort aan Corolla voorraad. Ons glo ons het genoeg voorraad van die nuwe model en vertrou dat verkope na normaal sal terugkeer in Maart.”

Hamman verduidelik dat soortgelyke veranderings by nog ’n hoëvolumevervaardiger aan die gang is, en ’n menskandus nie alle blaam van die afname in verkoopsgroei voor die deur van die huidige ekonomiese klimaat lê nie.

’n Soortgelyke prentjie is in die uitvoermark te bespeur, wat in Februarie met 19,4% gedaal het en na verwagting relatief laag sal bly totdat die volume van plaaslik vervaardigde voertuie herstel.

Wat plaaslike voertuigverkope betref, sê Hamman die huidige ekonomiese klimaat sal voertuigkeuse op die oomblik meer as verkoopsvolume beïnvloed.

“Baie is al oor die afname in verbruikersvertroue en die druk op besteebare inkomste geskryf. Dit word geraak deur die styging in voertuigpryse, wat eweneens deur die verlies in die waarde van die rand teen die belangrikste geldeenhede beïnvloed word.

“Ons ervaar ten spyte van hierdie ekonomiese druk steeds ’n groter vraag na klein of meer bekostigbare voertuie, terwyl mense in die algemeen afskaal.”

Die Toyota Hilux het in Februarie ’n verkoopsyfer van 3 419 eenhede gehaal, wat effens vergoed vir die gaping wat voor die plaaslike bekendstelling van die nuwe Corolla ontstaan het.Toyotahet terselfdertyd 1 836 nuwe Etios’e aan kopers gelewer, wat die siening ondersteun dat verkoopsvolumes bestendig bly terwyl die keuse van voertuig verander.

“Die eerste klante het hul nuwe Corollas vandag begin ontvang, dus verwag ons dat Maart ’n aansienlik beter maand virToyotasal wees. Ons verwag dat die algehele mark vir die jaar ten spyte hiervan en weens ’n voortgesette sterk vertoning deur voertuie soos die Hilux bestendig sal bly of dalk net effens sal daal,” sê Hamman.

Posted on by jonckie

Comments Off on Toyota behou sy kroon op vooraand van nuwe Corolla se bekendstelling