Lexus onthul meer dinamiese CT 200h met nuwe voorkoms

 

–          Stylvolle herontwerp – alles wat jy nodig het in een enkele model

–          Strukturele verbeterings om rompstewigheid en NVH-eienskappe te verbeter

–          Veringveranderinge om rit en hantering te verbeter


Lexus het pas sy nuwe CT 200h met ’n nuwe voorkoms sowel as nuwe stilering, verbeterde rompsamestelling, hersiene vering en nuwe toerusting onthul.
’n Kerndeel van hierdie verbeterings is bykomende sweispunte en ander rompversterkingsmaatreëls, ’n hersiene veerstelsel wat ten gunste van groter ritgemak ingestel is, en ’n nuwe stileringspakket.
Justin Ryan, hoofbestuurder van Lexus SA, sê die vêrreikende verbeterings aan die CT 200h strek dieper as net die oppervlak.
“Hierdie verbeterings strek tot in die hart van die nuweling, waar dit sy estetiese aantrekking, hanteringsvermoë en bestuursgenot in die algemeen verhoog.

 

“Nog ’n verandering is die inkorting van die reeks wat nou uit net een model bestaan, met standaard-toerusting soos leerbekleedsel, dubbel-sone klimaatbeheer en elke denkbare stukkie veiligheidstoerusting wat ’n mens die perfekte kompakte weelde-luikrug gee,” sê Justin.
“Die opgegradeerde CT versterk ook Lexus se verbintenis om ’n innemende ontwerp en genotvolle verrigting regdeur ons hele produkreeks te bied.”

 

Beter rygenot en verfyning
Die nuwe CT 200h kombineer groter rompstewigheid, ’n hersiene veerstelsel en verbeterde lugdinamika met omvattende maatreëls om geraas en vibrasie te verbeter ten einde ’n meer verfynde, gemakliker ry-ervaring en ’n selfs nog stiller kajuitomgewing te bied.
Bykomende sweispunte en omvattende gebruik van struktuur-gomtegnologie is ingespan om rompstewigheid te verbeter.
Die sterker romp het dit ook moontlik gemaak om te veringverstelling aan te pas. Die kronkelveertempo is verhoog, ’n nuwe skokbrekerklep word gebruik, en die deursnit van die agterste rolstaaf is aangepas om ritgemak te verbeter sonder om hantering prys te gee.
Daarbenewens is ’n skakelaar bygevoeg waarmee die vastrapbeheer-stelsel deur die bestuurder afgeskakel kan word ten einde meer beheer oor die voertuig uit te oefen.

 

Die stuurreaksie is ook verbeter deur die elektriese kragstuurstelsel (EPS) te verfyn sodat dit ’n gladder en meer natuurlike stuurgevoel bied.

 

Die algehele verbeterings word deur nie minder nie as 94 afsonderlike maatreëls aangevul wat ingespan is om die voertuig se geraas, vibrasie en grofheid (NVH) verder te verbeter.

 

Van dié veranderings sluit in:

 

–          Verbeterde klankdigtingsmateriaal vir die binnekant van die agterste wielnisse.

–          Die toevoeging van modderskermafskortings wat verhinder dat geraas die kajuit deur die ruimte tussen die modderskerm en voorskort binnedring.

–          Die gebruik van verseëlbedekking om die hoeveelheid enjin- en padgeraas wat die kajuit binnedring, te beperk.

–          ’n Nuwe ontwerp vir die hibriedinlaatgang kombineer doodse stilte met skitterende inlaatdoeltreffendheid.

 

Nuwe buitekant-ontwerp
Die nuwe CT 200h word die sewende (en mees onlangse) Lexus-voertuig wat dié weelde-fabrikaat se uurglas-sierrooster kry, wat die CT se lae voorkant en breë spoor beklemtoon.
Van die kant gesien word die nuwe CT 200h deur sy nuwe 16”-tienspeek-allooiwiele onderskei.

 

Die ander groot visuele verskil word agter aangetref. Die nuweling het ’n splinternuwe agterbuffer wat ’n meer horisontale samestelling het. Die nuwe ontwerp behels kenmerkende L-vormige weerkaatsers en ’n swart middelste gedeelte aan die onderkant wat die voertuig se lae swaartekragmiddelpunt en breë sterthouding beklemtoon.

 

Die hersiene buite-pakket in ’n oogopslag:

–          ’n nuwe uurglas-sierrooster,

–          afsonderlike gegote dele vir die voorste buffer skep ’n duidelik onderskeibare verskil tussen die onderste en boonste dele van die sierrooster, wat ’n driedimensionele effek gee

–          nuwe agterbuffer met groot versonke weerkaatshulse en vals lugverdeler,

–          nuwe haaivin-lugdraad,

–          lugstabiliserende vinne wat onder die ligsamestelle en deurrame sowel as die enjin- en vloerskerms onder die voertuig aangebring is.

 

Verfynde binneruim-ontwerp en opgegradeerde toerusting
Die nuwe CT 200h se binneruim is verfyn om groter gemak, beter toerusting en verbeterde visuele en tasbare gehalte te bied.

 

Die detail-verbeterings sluit in:

–          ’n Nuwe ontwerp vir die stuurwiel met sy kleiner deursnit (370 mm) en ’n vergrote L-kenteken in die middel, wat by dié van die IS-modelreeks pas.

–          Herontwerpte ratkierie wat nou in Lexus-silwer afgewerk is en ’n leerbeklede skut het.

–          Metaalagtige bedekking vir die skakelaars van die klankstelsel, met’n doppie vir die bybehore-verbindingsok.

–          Opgestopte armleuning.

–          Kaarthouer vir die voorste passasier se sonskerm.

–          Beter verligting van die venster-skakelaars.

–          Waarskuwingsliggie vir die agterste sitplekgordels.

–          Nuut ontwerpte Hibried-ECO-aanwyser.

–          Keuse van nuwe toffiekleurige leerbekleedsel.

 

Kern-sleutelsyfers

 

1,8ℓ-viersilinder-Atkinsonsiklus-petrolenjin 73 kW @ 5 200 r/min / 142 Nm @ 2 800 – 4 400 r/min
Elektriese hoëverrigtingsmotor 60 kW / 207 Nm
Algehele stelselverrigting (petrolenjin en

elektriese motor)

100 kW
Uitlaatgas-vereiste Euro 5
Wiele 205/55 R16-allooiwiele
Misligte voor en agter Standaard
Stertligte Ligdiodes
Deur-truspieëls Verhit en kan wegvou
Leerbekleedsel (toffiebruin of swart) Standaard
Veeldoel-stuurwiel Standaard (vertoonskerm, klankstelsel, stem,

telefoon)

Lugversorging Auto-draaiknop
Afstand beheerde sentrale sluiting met

Aan/afskakel-knop

Standaard
Vertoonskerm vir veelvuldige inligting Standaard
Klankstelsel (radio, CD, hulpsok en USB) Standaard
Bluetooth Standaard
ABS, BA, EBD, VSC, vastrapbeheer (TRC),

Wegtrekhulp (HSC)

Standaard

 

 

Lugsakke 7 (bestuurder, voorste passasier, kant, gordyn

en knie)

Isofix Standaard
0 – 100 km/h 10,3 sekondes
Topspoed 180 km/h (elektronies beperk)
Brandstofverbruik (gekombineerde siklus) 4,1 liter/100 km
CO2 95

 

Prys en waarborg

 

CT 200h          –           R388 800

 

Die nuwe CT 200h word gedek deur ’n waarborg en diensplan van vier jaar/100 000 km. Besoek www.lexus.co.za, bel 08611 LEXUS of sluit op Facebook aan by www.facebook.com/LexusSouthAfrica vir nog inligting of om ’n toetsrit te reël.

Posted on by jonckie

Comments Off on Lexus onthul meer dinamiese CT 200h met nuwe voorkoms