Dra altyd al die beskermende toerusting op die motorfiets!!

Soos wat die petrolprys die hoogte inskiet en die paaie gedeel word met al meer motorfietse  raak dit ook meer belangrik om te beklemtoon hoe motorfietsryers hulself kan beveilig!  Die heel belangrikste is om te let op die beginsel wat in Engels bekend staan as ATGATT -All The Gear All The Time!! In Afrikaans sal ons dit kan stel dat alle toerusting te alle tye gedra moet word!

‘n Vriend Koos Smit het gister op Facebook verwys na ‘n motorfietsongeluk wat hy waargeneem het en dit as volg opgesom:

“Vanmiddag op pad Ellisras toe ry 4 motorfietse by my verby. Op die laaste bike was ook n passasier wat agterop saam gery het. Die laaste bike was seker so 400 voor my toe die passaier soos ‘n sak in die lug skiet…..mense wat ‘n ondervinding. Die man het seker vir goeie 250 in die teerpad afgesleep, die teerpad verlaat en die grondpad en gras langs die pad met n stofwolk getref. Ek was eerste motor op die toneel. Sy makkers het reeds sy valhelm afgehaal toe ek stop. Dankbaar dat die man nie n boom, klip of aankomende motor of vragmotor getref het.

Hy was so 5 min doodstil en het daarna lewe getoon. Niks opsigtelik gebreek nie, maar vol bruizes en brandmerke soos hy oor teer gegly het. Uur later in ambulans, by sy positiewe en met sy maters geseels..maar in baie pyn. Ry versigtig mense en leef elke dag voluit.”

Besoek ook: ATGATT and Motorcycle Safety

Posted on by jonckie

Comments Off on Dra altyd al die beskermende toerusting op die motorfiets!!