Lexus Midrand – Die Beste van die Bestes

From left: Calvyn Hamman, Senior Vice President: Sales and Marketing, Toyota SA Motors, Hitoshi Muramoto, Executive Vice President and Chief Co-ordinating Executive, Toyota SA Motors, Leon Brand, Dealer Principal Lexus Midrand, Yasumori Ihara, Executive Vice President of Toyota Motor Corporation, Dr Johan van Zyl, President and CEO of Toyota SA Motors

Dit is in ’n handelaarsnetwerk wat vir sy uitstaande klantediens – in Suid-Afrika sowel as die res van die wêreld – bekend is, ’n baie indrukwekkende prestasie om as die Lexus-Handelaar van die Jaar aangewys te word.

Leon Brand en sy span by Lexus Midrand het hierdie gesogte prys vir 2013 ontvang nadat hulle met ’n unieke vermenging van tradisionele waardes vir klantediens en tegniese vernuf sowel as ongewone denke na vore gekom het.

Soos Justin Ryan, Hoofbestuurder van Lexus Suid-Afrika, dit stel: “Leon het uitmuntende leierskap as handelaarshoof van Lexus Midrand aan die dag gelê en sy toewyding is duidelik in die handelaarskap se bestendige vertoning regdeur 2013 te bespeur. Dit is ’n verpersoonliking van die Lexus-benadering van ‘Strewe na volmaaktheid’ en maak Leon en sy span ware ambassadeurs van die Lexus-handelsnaam.”

Lexus Midrand, wat deel van die McCarthy-groep is, is uitgesonder vir sy toewyding om Lexus-kopers deel van die Lexus-familie te maak en die fabrikaat met ongekende energie te ondersteun. Die handelaar is ook as Lexus Finansiële Dienste-Handelaar van die Jaar gekroon vir sy gemiddelde markaandeel van 51% en ’n uiters indrukwekkende sukseskoers van 77%.

Lexus Suid-Afrika het ook Marius Claassen en die span by Lexus Helderberg vir hul puik klantediens beloon. Ryan het die Lexus-klante-ervaringsprys oorhandig en erkenning aan die hernieude lewenskrag by Lexus Helderberg gegee en hulle ook vir hul eerste oorwinning in hierdie kategorie geprys.

Lexus Suid-Afrika het 17 handelaars in Suid-Afrika en is besig om sy reeks versieningspunte na kleiner streke en dorpe uit te brei.

Posted on by jonckie

Comments Off on Lexus Midrand – Die Beste van die Bestes