LEXUS IS 350 F SPORT – ’n Wenner in enigeen se boek!

 

Van een wenner aan ’n ander – harlik geluk aan Porsche! Dit was ’n uiters mededingende stryd waarin die Lexus IS 350 F SPORT op merkwaardige sy man gestaan het.

Op dié noot kan ’n mens sê dat die Lexus IS alles behalwe ’n vreemdeling is wanneer dit by die kollig kom. Die reeks het hom sedert sy bekendstelling onderskei en het ’n string toekennings ingeryg.

Hier is ’n paar van sy minder bekende toekennings:

  • Beste veiligheid in sy klas in EuroNCAP-gradering

Die nuwe Lexus IS is in die onlangse Euro NCAP-botstoetse (die model wat getoets is was die IS 300h) as die veiligste in sy klas aangewys. Dié vooraanstaande sportsedan het die hoogste gradering in die “groot gesinsmotor”-kategorie in die organisasie se 2013-veiligheidsbotstoetsprogram gekry en die hoogste gradering van vyf sterre met ’n algehele telling van 91% losgeslaan.

Die IS het op elke gebied uitgeblink, waaronder die beskerming van volwasse insittendes (91 persent), kinderbeskerming (85 persent), voetganger-beskerming (80 persent) en veiligheidshulptoerusting (66 persent).

Die aktiewe opspring-enjinkap, wat as standaard-toerusting in al die modelle in die IS-reeks aangetref word, is spesifiek deur die Euro NCAP geprys.

Dié stelsel span sensors in die voorste buffer in om te bepaal wanneer ’n voetganger getref word, en ontplooi ’n kettingreaksie wat die enjinkap oombliklik oplig om die gaping tussen die enjinkap en die enjin en ander harde komponente te vergroot. Die verrigting van die voorste buffer en voorkant van die enjinkap, wat ’n voltelling gekry het vir die beskerming wat dit ’n voetganger se bene en bekken bied, is ook geloof.

 Haal lys vir Wêreldmotor van die Jaar – twee keer!

 Die Lexus IS-sedan is in twee afdelings van die 2014-Wêreldmotor van die Jaar (WMvdJ) benoem.

Die netjies gestileerde IS-sedan is in die afdeling vir algehele motor van die jaar en ontwerp van die jaar, wat in April by die New York-motorskou aangekondig sal word, benoem.
Altesaam 22 voertuie is vir die algehele toekenning gekies, terwyl net tien vir die ontwerp-afdeling benoem is.
Die toekennings, wat deur bykans 70 motorjoernaliste van regoor die wêreld beoordeel word, word geag die mees objektiewe en kredietwaardige beoordeling met die hoogste integriteit te wees.

Justin Ryan, Hoofbestuurder van Lexus SA, het gesê die benoeming gee erkenning aan die feit dat Lexus aan sy belofte voldoen om voertuie te ontwerp wat opwindend is en die regte verrigting bied.

“Die nuwe IS-reeks is van meet af ontwerp om ’n vermaaklike bestuurdersmotor te wees wat in ’n opwindende ontwerp vervat is, en die onlangse Wêreldmotor van die Jaar-benoeming beklemtoon dit,”  het Ryan gesê.
Lexus het in 2007 ook die WMvdJ-toekenning vir die LS 460-weeldesedan gewen.

Die 2014-WMvdJ-toekenning sal Donderdag 17 April by die New York-motorskou aangekondig word.

 

  • Auto Express-bestuurdertoekenning

Lexus het die Bestuurdertoekenning in die Auto Express-nuwemotortoekennings vir sy terugkeer tot die voorste posisie as Brittanje se mees gerespekteerde voertuigvervaardiger ontvang.

Lexus het sy status as die nommer-een-gekeurde vervaardiger in die VK in 2013 hervat, wat ’n erkenning was van die feit dat hy dié kroon ’n ongeëwenaarde agt keer die afgelope twaalf jaar losgeslaan het.

Die Auto Express-bestuurdertoekenning word egter nie net suiwer deur kenners in die bedryf hanteer nie, maar is ook gegrond op die indrukke van Britse motorryers. Meer as 46 000 Auto Express-lesers van die tydskrif en webblad is in 2013 ondervra, wat dié toekenning ’n wêreldwerklike kredietwaardigheid gee.

Steve Fowler, die hoofredakteur van Auto Express, het dit as volg opgesom: “Lexus het ’n welverdiende topposisie in die 2013-bestuurdertoekenning ingeneem. Dié vervaardiger was eerste in drie van die tien afdelings in ons peiling, en die naaswenner in twee ander – ’n buitengewone indrukwekkende vertoning.

“Lexus-klante het hul motors se vooraanstaande eienskappe meer as enigiets anders geprys – hulle is kundig aanmekaargesit, deurspek van die toerusting en ’n absolute genot om te ry.”

En Ryan kon nie anders as om dit te beaam nie!

 

Posted on by jonckie

Comments Off on LEXUS IS 350 F SPORT – ’n Wenner in enigeen se boek!