Die splinternuwe Toyota Corolla: ‘n Motor met uitstekende bestuurs en veiligheidskenmerke waarop ‘n mens trots kan wees!

 

  1. Inleiding
  2. Kragtige, vars ontwerp met die klem op praktiese gebruik
  3. Gekunstelde binneruim-dekor en -verpakking
  4. Ryverrigting
  5. Beter dinamika
  6. Topklas-veiligheid
  7. Prys, waarborg en diensplan

 

  1. Inleiding

Het jy geweet dat twee splinternuwe Corolla’s elke minuut van elke liewe dag iewers in die wêreld uit een vanToyotase fabrieke ry?

Die oorspronklike opdrag aan die heel eerste Corolla-hoofingenieur was om ’n motor te ontwerp wat soos die betekenis van sy naam – ‘kring van blomme’ – daartoe sou lei dat volskaalse wêreldwye motorry sou bloei en gedy. Dit blyk dat die Toyota Corolla gewis aan dié verwagtinge voldoen het.

Dit gaan natuurlik nie net oor die syfers nie, maar wanneer ’n mens oor die Corolla praat, vertel die syfers ’n fantastiese staaltjie:

  • ’n Onindrukwekkende begin in 1966 het in November daardie jaar afgeskop en nagenoeg 240 000 voertuie is in die Takaoka Japan-aanleg vervaardig. Uitvoer het onmiddellik begin;

 

  • Oor die 40 miljoen eenhede van die Corolla is elf generasies later en met 16 aanlegte in Amerika, Brasilië, Kanada, China, Indië, Japan, Pakistan, Suid-Afrika, Taiwan, Thailand, Turkye, Viëtnam en Venezuela, regoor die wêreld verkoop, wat dit die topverkoper-voertuig in die geskiedenis maak;

 

  • Oor die 1,1 miljoen Corolla’s word jaarliks aan klante in meer as 150 lande verkoop;

 

  • Meer as 1 miljoen Corolla’s is tot November 2013 in Suid-Afrika vervaardig en nagenoeg 980 000 is al hier verkoop.

 

En soos Glenn Crompton, Toyota SA Motors se Vise-president van Bemarking, dit stel: “Suid-Afrika se liefdesverhouding met die Corolla het in die middel 1970’s begin, en dié liefde blom nog.

 

“Die splinternuwe 2014-weergawe van die Corolla, wat nog altyd die spogkind vir Toyota se legendariese gehalte, duursaamheid en betroubaarheid was, is oorgehaal om sy beeld as alledaagse vervoer met uitdruklike stilering, ’n hoëklas-binneruim en lewendige rygedrag af te skud.

 

“Die Corolla het ’n groot stap vorentoe gespring. Die nuweling het ’n baie ernstiger ‘houding’ – ’n eienskap wat nie werklik in vorige geslagte na vore gekom het nie.

 

“Hy wys sy mededingers duidelik datToyotadie segment wat hy al die dekades só gedefinieer en oorheers het, nie sommer gaan prysgee nie. Ons het op die 40-miljoen-kerf maar nou eers begin!”

 

Dié gevoel word deur Shinichi Yasui, die hoofingenieur vir die nuwe Corolla, beaam: “Ek glo hierdie nuwe model weerspieël die Corolla-DNS wat hy oor ’n tydperk van langer as 47 jaar oorgeërf het.

 

“Dié DNS sit die Corolla se missie voort om voortdurend met nuwe konsepte en tegnologie vorendag te kom wat aan die voorpunt van die bedryf is om die wêreld se topverkoper-motor te skep. Daardie DNS is nou in ’n nuwe tydvak oorgedra.

 

“Elke nuwegeslag-Corolla streef die “klantetevredenheid” en “klante-genot” regoor die wêreld na, en die Corolla het aan die hand hiervan voortdurend ontwikkel.

 

“Ek is vol vertroue dat ons ’n elfde geslag van die Corolla ontwikkel het wat met algehele Waku doki*, gemoedsrus en natuurlik trots gerykan word.”

 

*Waku-Waku is die verwagting van suiwer genot; Doki-Doki is die klank van jou hartklop.

Wakudoki is dus wanneer jy só opgewonde oor genot is dat jou hart vinniger klop.

 


  1. Kragtige, vars ontwerp met die klem op praktiese gebruik

 

Die nuwe motor, wat talle ontwerp-eienskappe van die Furia-konsepmodel weerspieël, is in die kol met die jongste neigings en straal baie meer selfvertroue uit – veral aan die hand van sy voorkant-ontwerp. Die gevolg is ’n Corolla wat indrukwekkend is sonder dat hy oor-aggressief is.

 

Buiten die estetiese oorwegings het die ontwerpspan ook die uitdaging aanvaar om ’n selfs nog groter binneruim te ontwerp. Hiervoor moes die asafstand met 100 mm teenoor die uitgaande model verleng word, en die bykomende lengte is doeltreffend aangewend om die ontwerp te verbeter en die binneruimafmetings te vergroot. Dit het dit ook moontlik gemaak om die wiele verder na die uithoeke van die motor te skuif, wat tot die “dinamiese gevoel” wat die grondslag van die voertuig se beter aantrekking is, gelei het.

 

Die voorste oorhang is op 950 mm vasgestel (15 mm langer as die bestaande model) terwyl die agterkant nou 980 mm oorhang – 25 mm korter as die uitgaande model. Nog iets wat die dinamiese houding versterk, is die nuwe Corolla se algehele hoogte, wat 5 mm laer is en op 1 465 mm te staan kom.

 

Die koplig- en sierrooster-openings aan die voorkant vorm ’n duidelike T-vormige motief. Die boonste deel van die sierrooster en die kopligte is so dun as moontlik, maar strek tot in die hoeke om die breedte van die romp te beklemtoon. Die kontras tussen die dun, boonste sierrooster en die gapende trapesiumvormige onderste sierrooster beklemtoon die dinamisme van die ontwerp nog verder.

 

Die verchroomde horisontale dwarslatte van die boonste sierrooster word visueel tot in die uitstaande kopligsamestelle verleng om weereens op die breedte van die voertuig te fokus. Die kopligte, wat ’n laestraal-halogeengloeilamp het om sig te verbeter, versterk Toyota se nuwe ontwerpbenadering en gee die nuwe Corolla ’n groter teenwoordigheid op die pad terwyl dit ook unieke visuele kenmerke bied.

 

Die voorste misligsamestelle het verchroomde omlystings in die geval van die Prestige-modelle. Die Exclusive- en Sprinter-weergawes se misligte moet bykomend bestel word.

 

Die twee heel boonste lyne van die boonste sierrooster en kopligsamestelle strek al met die lae lip van die enjinkap langs tot diep in die voorste modderskerms, wat die elegansie van die unieke, geronde enjinkap sonder enige skerp hoeke beklemtoon.

Van die kant gesien anker die voorste en agterste ligsamestelle die skoon kurwes van die lugdinamiese hoeke wat die Corolla se kort oorhange voor en agter beklemtoon. Dít, tesame met ’n lang asafstand en gespierde voorste en agterste wielnisse, skep ’n silhoeët wat die nuwe Corolla se dinamiese houding en klassieke afmetings beklemtoon.

 

Die voertuig se kantaansig word verder versterk deur ’n kenmerkende lyn wat die bokant van die voorste wielboog met die stertlighulsel aan die agterkant verbind, sowel as ’n keuse van 15”-staalwiele en wieldoppe (net in die Esteem-modelle) of 16”-sierwiele.

 

’n Verreikende ontwerpverandering vir Toyota is in die plasing van die gevormde deurhandvatsels te bespeur, wat nou in die karakterlyn van die deure geplaas is.

 

Die trapesiumvorm word aan die agterkant in die nommerplaatruimte en stilering van die onderste buffer herhaal. Die skerp lyn van die bagasiebakdeksel se lip word deur die nuwe stertligsamestelle onderstreep, wat deur ’n verchroomde nommerplaathulsel verbind word en ’n skoner, deftiger voorkoms bied.

 

In die geheel word die vooraanstaande bougehalte van die nuwe ontwerp deur die piepklein gapings tussen die romppanele, wat met dié van ’n weeldemotor vergelykkanword, beklemtoon. Die gaping tussen die modderskerms en die voorste deure is van 4,0 mm tot net 3,9 mm verklein, tussen die voordeure van 4,5 mm tot 4,2 mm, en tussen die agterdeur en agterste kwartpaneel van 4,0 mm tot 3,9 mm. Die breedte van die opening tussen die toegemaakte enjinkap en voorste modderskerm is van 5,4 mm tot net 4,5 mm verklein.

 

Die nuwe Corolla sal in een van sewe rompkleure beskikbaar wees, waarvan drie nuwe kleure vir die reeks sal wees: seepêrel-metaalvlokkieverf (ligte blou), Avant-Garde-brons en grys metaalvlokkieverf.

 

Die Sprinter-modelle word kosmeties deur 16”-rookkleurige allooisierwiele, ’n agterste drukvlerk en unieke Sprinter-kentekens onderskei.

 

Lugdinamiese eienskappe

 

Die nuwe Corolla is ten gunste van die beste moontlike sleureienskappe ontwerp, wat nie net ’n bydrae tot ’n stiller kajuit lewer nie, maar ook brandstofverbruik en CO2-uitlaatgasse verminder.

 

Die laagste moontlike enjinkaplyn, ’n baie skuins windskerm en naatlose dak span alles saam om die lugvloei oor die motor so glad as moontlik te maak.

 

Die vervolmaakte kantvorm van die voorste mislighulsels en die skerp, byna vertikale oppervlakhoek van die lugdinamiese hoeke voor en agter help om die lugversteurings aan die kante en oor die wielnisse te verminder.

 

Die sogenaamde sakana-lugfinne in die deurspieëls en stertligte, wat op gevorderde Formule 1-tegnologie gegrond is, versnel die lugvloei aan weerskante van die romp, wat voertuigstabiliteit en beheer verbeter.

 

Die voertuig se lugdinamiese eienskappe word aansienlik verhoog deur die gebruik van ’n voorste lugskort en talle panele wat ontwerp is om ’n gladde oppervlak onder die motor te bewerkstellig en die lugvloei onder die nuwe Corolla te vervolmaak. Dit sluit in ’n onderkantpaneel onder die enjin, die voorste veringkomponente en die voorste en agterste wielskorte, sowel as ’n paneel onder die vloer.

 

Dié omvattende maatreëls het tot ’n aansienlike verbetering in lugdinamiese doeltreffendheid gelei, en die nuwe Corolla se sleursyfer is van Cd 0,29 tot net Cd 0,27 – die beste in hierdie klas – verbeter.

 

  1. Gekunstelde binneruim-dekor en -verpakking

 

Die nuwe Corolla het benewens sy vergrote kajuit en bagasieruim ook ’n heeltemal hersiene binneruim met ’n stylvol herontwerpte stuurkajuit, uitstaande beslagmateriale en verbeterde ergonomika gekry.

 

Wat laasgenoemde betref, is die bestuursposisie omvattend hersien. Die hoogteverstellings vir die bestuurdersitplek is met 15 mm tot 60 mm vergroot, terwyl die skuifafstand vorentoe en agtertoe met 20 mm tot 260 mm verleng is. Die voorste sitplek se heuppunt is met 5 mm vorentoe geskuif. Die krag wat nodig is om die sitplek vorentoe of agtertoe te skuif en die rugleuning en sitplekhoogte te verstel, is ten gunste van makliker werking verminder. Nog ’n verandering is die stuurwielhoek, wat van 24 tot 22 grade verminder is. Daarbenewens het die nuwe Corolla meer passasiersruimte agter, wat ook groter gemak bied, deels deur die agterste heuppunt 70 mm agtertoe te skuif. Dít en die nuwe, dunner rugleuning van die voorsitplek, het die agterste beenruimte met 92 mm tot 706 mm, die beste in die klas, verleng.

Die sitplekke self is ook geheel en al herontwerp, en het nou ’n langer kussing met ’n ergonomies gevormde voorkant wat groter gemak aan mense van alle liggaamsvorms bied. Nuwe, dunner rugleunings bied die beste laerug- en dwarssteun, terwyl die kopstutte ten gunste van skitterende sweepslagbeskerming gevorm is.

 

Die bagasieruim is ten spyte van die nuwe Corolla se agterste oorhang wat 25 mm korter is, tot ’n gesonde 452 liter vergroot.

 

Die nuwe Corolla is nie net ruimer en gemakliker nie, maar is ook heelwat stiller as sy voorganger. Die binneruim is spesifiek ontwerp om klante die stilste kajuit in sy klas te bied. Die algehele oppervlak van die voorpaneel se klankdemper is vergroot en bykomende klankdempende materiaal is tussen die enjinkap en modderskerms se binnelae geplaas om die oordrag van enjingeraas na die kajuit verder te beperk. Klankdempende materiaal onder die vloer bied skitterende klankdempeienskappe, veral in die omgewing van die voorste voetholtes. Die omvattende gebruik van rompseëlmateriaal in al die metaalvoeë sonder die kajuit verder teen geraas af.

 

Taktiese styl

 

Die Corolla se binneruim-omgewing, wat sy stileringskenmerke van die kragtige nuwe buite-ontwerp oordra, strek oor die hele breedte van die kajuit met ’n sterk horisontale voorpaneelontwerp. Die voorpaneel met sy sagte oppervlak wat nie weerkaats nie en naatloos oor die instrumentepaneel vloei, kombineer geronde, sagte bekleedsel met ’n holvormige middelkonsole wat in klavierswart afgewerk is.

 

Die onbelemmerde helderheid van die nuwe ontwerp word verder beklemtoon deur ’n silwer dwarsbalk wat die voorpaneel duidelik in ’n boonste en onderste sone verdeel (wat meer ergonomies is) en strek tot in die bokant van die deurpanele, wat die kajuit omvou en die ruimte van die sitomgewing beklemtoon. Die nuwe, vertikale binnehandvatsels is in dieselfde silwer voorkoms afgewerk.

 

Die sagte beslag van die instrumentepaneel en hoëglansklavierswart afwerking word deur verchroomde detailbeslag en helder blou beligting vir die instrumentepaneel, paneelkissie en kajuitomgewing afgerond om ’n vooraanstaande gehaltegevoel in die binneruim te bied.

 

 

 

Die nuwe Corolla is in ’n keuse van vier modelweergawes beskikbaar: Esteem (intreevlak), Prestige (middelvlak), Sprinter (sport) en die vlagskip-weergawe, wat die Exclusive genoem word. ’n Keuse van doekstofbekleedsel (Esteem), doekstof en leer (Sprinter) of leer (Prestige en Exclusive) is beskikbaar. Die Corolla is uniek in sy klas deur leerbekleedsel as deel van die hele reeks buiten die intreevlak-Esteem-weergawe se standaard-toerusing te bied.

 

Die groot instrumente wat maklik gelees kanword, is in twee weergawes wat model-afhanklik is, beskikbaar. Die Esteem-, Prestige- en Sprinter-modelle het elk drie meters. Die groot spoedmeter in die middel sluit ’n ritmeter in. Die vlagskip-Exclusive-weergawes het twee meters en ’n TFT-skerm (Thin Film Transistor) waarop allerhande inligting vertoon word. Die Prestige-, Sprinter- en Exclusive-modelle se instrumente het verchroomde omlystings.

 

Al die modelle behalwe die Esteem het ’n nuwe leerbedekte stuurwiel met verskillende kontroles wat ’n magdom skakelaars vir die werking van die klankstelsel, ingeboude telefoon en vertoonskerm insluit. (Die Exclusive-modelle het ook spoedbeheer.)

 

Die gebruiksgevoel van die voetpedale en ratkierie is ook verfyn. Die pedale is só geplaas dat ’n mens nie die verkeerde pedaal sal gebruik nie, terwyl die hoeveelheid beweging en wisselgevoel van die ratkierie ten gunste van gladder wisselvermoë ingestel is.

 

Die inhoudsvermoë en bruikbaarheid van die nuwe Corolla se uitgebreide reeks bergplekke is ook verbeter. Dit sluit in ’n paneelkissie, munthouer en bykomende voorpaneelhouer met ’n deksel, ’n houer in die middelkonsole, bekerhouers, oorhoofse bergplek vir ’n sonbril, voordeursakke waarin ’n bottel van tot 1,5 liter kan pas, of ’n padkaarthouer met ruimte vir ’n halfliter-bottel in die agterdeure.

 

Die praktiese bruikbaarheid van die bagasieruim is aansienlik verbeter deur die toevoeging van ’n eksterne skakelaar onder die lip (net vir die Exclusive) waarmee die bagasiebakdeksel oopgemaakkanword, sowel as ’n handvatsel aan die onderkant om dit makliker toe te maak.

 

Die toerusting aan boord is omvattend en sluit die volgende in:

  • Afstand beheerde sentrale sluiting vir die hele reeks met sleutellose slim toegang vir die Exclusive-modelle
  • Elektries beheerde deurspieëls en vensters (voor en agter)
  • Volg-my-ligte
  • Termometer
  • Ritrekenaar (TFT-skerm in die Exclusive)
  • 60/40-verdeelde agtersitplekke
  • Lugversorging (Esteem en Prestige)
  • Outomatiese klimaatbeheer (Sprinter en Exclusive)
  • Raakskerm-klankstelsel met AM/FM-radio, CD/DVD/MP3-speler, Bluetooth-selfoonstelsel en musiekstroom-werking, en ’n USB-sok vir draagbare musiekspelers wat ook ’n iPod se speellyskanvertoon. ’n Truratmonitor is deel van die standaard-toerusting van die Prestige en Exclusive – Nog iets wat die beste in hierdie klas is!
  • Die Esteem- en Sprinter-modelle het ’n gewone klankstelsel met ’n hulp- en ’n USB-sok
  • Bluetooth-selfoonstelsel in al die modelle behalwe die Esteem
  • Elektro-chromatiese binnespieël (Exclusive)
  • Reënsensor-ruitveërs (Exclusive)
  • Spoedbeheer (Exclusive)

 

  1. 4.    Ryverrigting

 

Die 2014-Corolla, wat baat vind deur minder kragbrongewig danksy die gebruik van ligter en uiters kompakte enjinkomponente en ratkaste regdeur die nuwe enjinreeks, bied steeds lewendige verrigting en bestendige goeie brandstofverbruik, wat alles ’n groot bydrae tot doeltreffende eienaarskapsvoordele lewer.

 

Die hersiene modelreeks behels ’n splinternuwe D-4D-turbodiesel van 1,4 liter en drie petrol-enjins – ’n dubbel-VVT-i-enjin van 1,33 liter, een van 1,6 liter, en nog ’n nuwe dubbel-VVT-i-weergawe van 1,8 liter.

 

Al die enjins is aan ’n sesgang-ratkas gekoppel, maar die 1,6- en 1,8-petrolweergawes  kanook metToyotase nuwe hoëdoeltreffende outomatiese Multidrive S-transmissie bestel word.

 

Dubbel-VVT-i-petrolenjin van 1.33ℓ

 

Die 1,33ℓ-petrolenjin, wat van Toyota se Optimal Drive-tegnologie gebruik maak om verrigting en rybaarheid te verhoog  terwyl brandstofverbruik en uitlaatgasse tot die minimum beperk word, is voorsien van intelligente dubbele veranderlike kleptydreëling (Dubbel-VVT-i) en pronk met ’n hoë drukverhouding van 11,5:1 wat die werktemperatuur-doeltreffendheid van die enjin verhoog. Dié enjin lewer 73 kW teen 6 000 r/min en 128 Nm se wringkrag teen 3 800 r/min.

 

Die naelloop van 0 tot 100 km/h word in 12,6 sekondes kafgedraf, met ’n topspoed van 180 km/h.

 

Die enjin het ’n prysenswaardige brandstofverbruik van net 6ℓ/100 km in die gekombineerde siklus terwyl sy CO2-uitlaatgasse op 139 g/km te staan kom.

 

Dié enjin met sy klein boor en lang slag slaan groot munt uitToyotase uitgebreide motorsport-ervaring en is baie lig en kompak, wat die voertuig se krag-tot-gewig-verhouding aansienlik verhoog. Die enjin het ’n hars-tipe silinderkopdeksel en inlaatspruitstuk, terwyl die inlaatpoort vaartbelyn gemaak is om ontbrandingsdoeltreffendheid te verhoog.

 

Die dubbele VVT-i-stelsel help verrigting regdeur die enjintoerestrek deur die lug/brandstof-inlaat- en uitlaat-kleptydreëling te eniger tyd by enige toestande aan te pas. Benewens die feit dat dit wringkrag teen lae en medium enjinsnelhede verbeter, verminder die stelsel ook uitlaatgasse terwyl dit ook brandstofdoeltreffendheid verbeter.

 

Dubbel-VVT-i-petrolenjin van 1.6ℓ

 

Die 1,6ℓ-VVT-i-enjin wat met ’n sesgang-handrat- of die nuwe outomatiese Multidrive S-transmissie beskikbaar is, en ook deur dieselfde dubbele veranderlike kleptydreëling (dubbele VVT-i) soos hierbo beskryf bevoordeel word, lewer 90 kW teen 6 000 r/min met 154 Nm se maksimum-wringkrag teen net 5 200 r/min.

 

Sy versnellingstye is 10,5 en 11,1 sekondes vir die handrat- en Multidrive-weergawes. Topspoed is 195 km/h (handrat) en 185 km/h (Multidrive).

 

Dié enjin met die handratkas bied ’n brandstofverbruik van net 6,6 ℓ/100 km en 157 g/km se CO2-uitlaatgasse. Brandstofverbruik en uitlaatgasse word met die outomatiese Multidrive S-transmissie verder tot 6,3 ℓ/100 km en 150 g/km onderskeidelik verminder.

 

Dubbel-VVT-i-petrolenjin van 1,8ℓ

 

’n Nuwe 1,8ℓ-enjin, wat die vorige reeks se tweeliter-weergawe vervang, word nou in die vlagskip-weergawes van die nuwe Corolla-reeks aangetref.

 

Dié 16-klepper slaan groot munt uit die intelligente dubbele veranderlike kleptydreëling wat hierbo beskryf word, sowel as Toyota se akoestiese induksiebeheerstelsel en elektroniese versnellerbeheerstelsel, en lewer 103 kW teen 6 400r/min met 173 Nm se maksimum-wringkrag teen 4 000 r/min.

 

Die Multidrive S-weergawe se naellopie van 0 tot 100 km/h word in 10,2 sekondes kafgedraf. Sy topspoed is 195 km/h (syfers vir die 1.8-handrat is nog nie beskikbaar nie).

 

Die handrat-weergawe van die 1,8ℓ-model verbruik gemiddeld net 7 ℓ/100 km en 165 g/km se CO2-uitlaatgasse. Die nuwe Multidrive S-weergawe het ’n brandstofverbruik van 6,4 ℓ/100 km met net 152 g/km se CO2-uitlaatgasse.

 

1.4ℓ-D-4D-dieselenjin

 

Toyota se Optimal Drive-1,4ℓ-D-4D-dieselenjin slaan munt uit volmaakte ontbrandingskamerafmetings en verbeterde uitlaatgashersirkulasie (EGR) vir koeler doeltreffendheid ingespan. Die enjin lewer 66 kW met 205 Nm se wringkrag in die toerestrek van net 1 800 tot 2 800 r/min.

 

Die 1.4 D versnel in 12,5 sekondes van 0 tot 100 km/h enkan’n topspoed van 180 km/h haal.

 

Die 1,4ℓ-D-4D met die sesgang-handratkas bied die beste gemiddelde verbruik in sy klas – net 4,5 ℓ/100 km – en ’n skrale 119 g/km se CO2-uitgasse in die gekombineerde siklus.

 

Ander tegniese hoogtepunte van hierdie nuwe klein diesel-enjin sluit in:

  • ’n Hidrouliese tweefase-beheerklep wat in die deksel van die tydreëlketting ingebou is. Dit verminder wrywing wanneer die hidrouliese oliedruk laag is deur die uitlaatklep na gelang van die rytoestande oop en toe te maak.
  • Die enjinopwarmtyd word verkort deur ’n stelsel wat die verkoelingsvloeistof laat verbyvloei om hitteverlies teen te werk wanneer die enjin aangeskakel word.
  • Piezo-elektriese inspuiters beheer die brandstofvolume en die tydsberekening van die inspuiting meer doeltreffend. Die hoëspoed-reaksietyd van Piezo-inspuiters sorg vir multifase-hoëspoedinspuiting. Dit verlaag die volumetempo van ontbrandingsuitsetting en lei tot meer doeltreffende ontbranding wat help om
    partikel-, NOx– en CO2-uitlaatgasse te verminder. Dít, tesame met die hoër hoëdrukinspuitingsdruk van tot 160 Mpa, lei tot korter ontbrandingstyd, wat vinniger enjinreaksie met beter brandstofekonomie en minder CO2-uitlaatgasse kombineer.

 

Outomatiese Multidrive S-transmissie

 

’n Nuwe en uiters doeltreffende outomatiese hoërat-Multidrive S-transmissie is vir die 1,6- en  1,8-petrolweergawes in die nuwe Corolla-reeks beskikbaar.

 

Die nuwe metaalgordel-Multidrive S, wat ten gunste van kompakte afmetings, ligte gewig en brandstofdoeltreffendheid ontwikkel is, het ’n wringkragoordraer en suiwer elektroniese ‘multidrive’-oliedrukbeheer.

 

Multidrive S, wat bestuurders ’n groter reeks ratverhoudings, lewendiger ratwisseling en beter brandstofekonomie as die vorige gewone outomatiese 4-gang-transmissie bied, kan in drie verskillende modusse gebruik word: ’n suiwer outomatiese en naatlose palwisselpatroon, sportiewe wisseling of ’n sekwensiële 7-gang-sportwisselingsmodus, wat Shiftmatic genoem word.

 

Die stelsel se outomatiese modus is ten gunste van stil werking en beter brandstofekonomie ontwikkel en pas die transmissie te alle tye volmaak by die enjin aan deur die versnellerpedaalhoek, voertuigspoed en remkrag te monitor.

 

Die trapsgewyse wisselpatroon van die sekwensiële 7-gang-sportwisselingsmoduskanmet die ratkierie beheer word. Die stelsel is in sportwerking ten gunste van reaksietyd en regstreekse enjinbeheer ingestel. Dit skakel outomaties terug wanneer die voertuig stadiger ry en gebruik die enjin se remvermoë om remverrigting te verhoog. Wanneer die motor deur ’n draai versnel, word die stelsel deur voorspelbare ratwisseling beheer om te verseker dat die beste ratverhouding vir die versnelling wat vereis word, ingespan word.

 

Die sekwensiële 7-gang-Shiftmatic-modus bied selfs nog meer sportiewe gedrag deurdat die bestuurder die transmissie met handratwisseling deur die ratkieriekanbeheer. Die transmissie reageer met kort ratverhoudings in voorspelbare stappe en het ’n regstreekse terugskakelingsgevoel wanneer die bestuurder rem of die voertuig stadiger ry.

 

  1. Beter dinamika

 

Algehele rybaarheid is op drie gebiede geteiken: gewigsvermindering, veringinstelling en stuurreaksie.

 

Ligter, stewiger romp

 

Die groter gebruik van hoësterkte staal regdeur die rompstruktuur het die gebruik van ligter metaal op verskeie plekke moontlik gemaak. Die sterker romp het tot ’n gewigsbesparing van sowat 5,7 kg per voertuig gelei sonder om algehele rompstewigheid in te boet.

 

Rompstewigheid in die algemeen is verbeter deur die aantal sweispunte te vermeerder, ’n reguit balk wat die voorveringstutte koppel, die versterking van laterale stewigheid in die omgewing van die rompvloer, en groter struktuurstewigheid in die agterpaneel.

 

Hierdie maatreëls span alles saam om ’n bydrae tot skitterende rygemak en beter reaksie op stuurinsette vir ratser gedrag te lewer.

 

Hersiene vering

 

Die nuwe Corolla deel die beproefde MacPherson-stuttipe voorvering en agterste draaibalkvering van sy voorganger. Die voorste en agterste stelsels is egter omvattend hersien om ritgehalte en ratse gedrag te verbeter.

 

Die nuutontwikkelde voorste stut het ’n dikker skokbrekersilinder van 35 mm, terwyl die dempverrigting ten gunste van stabiliteit en ritgemak verfyn is. Die lengte van die terugskop is verkort om voorsiening vir die motor se laer ryhoogte te maak, terwyl ’n soliede boonste stut gebruik word om hoëfrekwensievibrasies te beperk en stuurreaksie te verbeter.

 

Die kronkelvere het ’n kronkel-struktuur aan elke kant, wat vir ’n kompakte, ligte installasie sorg. Die reaksiekrag van die kronkelveer word deur die toevoeging van ’n veer wat laterale krag verminder, beheer. Veringwrywing is verminder deur die buigkrag van die skokbrekers te verklein.

 

Die vermindering van die draaikrag op die stutlaers sorg vir ’n ligte en lewendige stuurreaksie. Die groter rompstewigheid het ’n kleiner kronkelveertempo moontlik gemaak, wat ritgemak verbeter sonder om stuurreaksie en ’n ratse hanteringsgevoel prys te gee.

 

Die kronkelvere en skokbrekers is onafkanklik geposisioneer om binnedringing van die bagasieruimte te beperk, en die ligte draaibalkvering slaan ook munt uit soliede boonste stutte, uretaan-terugskopstoppers en varkstert-kronkelvere. ’n Verminderde veertempo en heringestelde skokbrekers verbeter ritgemak, stabiliteit en reaksie op stuurinsette verder.

 

Skerper elektriese kragstuur-reaksie (EPS)

 

Die nuwe Corolla se EPS-stelsel is hersien om bestuurders tesame met die kleiner stuurkolomhoek van ’n meer innemende bestuurservaring te voorsien. Die kragstuur-ratverhouding is vervolmaak en verstewig om ’n skerper stuurreaksie en gladde lynregte werking te bied.

 

Die stelsel is verder versterk deur strukturele veranderings aan die tussenskag en om die stuurkas stewig aan die veringbalk te heg, wat tot ’n regstreekse, lynregte stuurgevoel lei.

’n Hersiene boonste stuurkolomstut verminder onnodige vibrasies verder.

 

Die stelsel pronk nou met ’n ingeboude elektroniese beheereenheid met nuwe beheerlogika om stuurgevoel te verbeter, terwyl die ratverhouding van die stuurstelsel self van 14,8 tot 13,4 verminder is om dit 8% vinniger as dié van sy voorganger te maak en skerper reaksie op stuurinsette tot gevolg het.

 

  1. 6.    Topklas-veiligheid

Die nuwe Corolla is verfyn ten einde die beste aktiewe en passiewe veiligheidstandaarde sowel as beter voetgangerbeskerming te bied. Die nuweToyotahet die hoogste gardering van vyf sterre in die jongste, strenger Euro-NCAP-botstoetse behaal. (Neem asseblief kennis dat die model wat getoets is, ’n Europese 1,6ℓ-weergawe wat in Turkye gebou is, dieselfde veiligheidspakket as ons Suid-Afrikaanse 1.8 Exclusive het.)

Elke komponent se botstoetsveiligheidsverrigting is deur omvattende rekenaarsingenieursontwikkeling (CAE) en herhaalde eksperimentele prototipe toetswerk vervolmaak.

Die hoësterkte-kajuit is ontwerp met die oog op die beste moontlike botsverrigting in voorkant-, sykant- en agterkantbotsings. Talle energie-absorberende snoetkomponente bied aansienlik beter voetgangerbeskerming, terwyl die binneruim omvattend met lugsakke, sweepslagwerende kopstutte en ’n beter kinderveiligheidstelsel toegerus is.

Aktiewe veiligheid is verbeter deur die gebruik van ’n nuwe ABS-remstelsel en ’n korter rempedaalslag vir beter gevoel en vinniger reaksie. Kloubeheer (TRC) en voertuigstabiliteitsbeheer (VSC) is nou in vier van die verskillende modelweergawes beskikbaar, en wegtrekhulp (HAC2) is in al die voertuie met VSC beskikbaar.

Hoësterkte-kajuit

 

Die nuwe Corolla se romp gebruik meer hoësterkte staal wat panele met minder gewig en groter stewigheid kombineer. Die voorkant het nuwe frommelsones wat aangepas is om impakenergie doeltreffend regdeur die raam te versprei en die minste kajuitverwringing in die geval van ’n botsing van voor tot gevolg het.

Dieselfde beginsel is op sykantbotsbeskerming toegepas, waar die frommelsones sterker kantbalke, dwarsbalke en dakversterkings bied.

Voetganger-beskerming

 

Die gebruik van talle energie-absorberende komponente sorg vir aansienlik beter voetgangerbeskerming in die geval van ’n voorkant-botsing.

Die voorkant van die enjinkap het byvoorbeeld ’n energie-absorberende binnestruktuur terwyl die modderskerm ’n energie-absorberende montering het en die enjinafskorting en -lip ontwerp is om energie op te slurp en sodoende help om kopbeserings in die geval van ’n voetgangerbotsing te beperk.

’n Voetganger se bene word ook beter beskerm danksy die gebruik van ’n energie-absorberende samestelling van die bufferbedekking, sierrooster en voorkant van die enjinkap.

Insittende-beskerming

 

Die nuwe Corolla het tot sewe lugsakke: vir die bestuurder en voorste passasier, ’n knielugsak vir die bestuurder, tweekamer-kantlugsakke voor en vollengte-luggordyne aan die kante. Die Esteem en Prestige het lugsakke vir die bestuurder en voorste passasier sowel as kantlugsakke. Die Sprinter sowel as die Exclusive het die volle reeks lugsakke.

Al die voorste en agterste sitplekke het driepunt-rukstopgordels met noodterugtrekkers (ELR). Die ELR sluit die sitplekgordel wanneer ’n buitensporige lading ’n voorafbepaalde waarde oorskry. Die sitplekgordels vir die bestuurder en voorste passasier het ook styftrekkers en lasbeperkers. Die lasbeperker sal die gordel in die geval van ’n botsing effens laat verslap om borskasbeserings te help beperk.

Die Corolla het ook sweepslagwerende voorsitplekke (WIL) om sweepslagbeserings in die geval van ’n botsing van agter te help verminder. Die sitplekstruktuur sal die insittende se bolyf in die geval van ’n hoëspoed-agterkantbotsing agtertoe laat sak en die beweging van die onderlyf by dié van die kop aanpas om die gevaar van sweepslagbeserings te verminder.

’n Gevorderde kinderveiligheidstelsel maak die gebruik van ’n wye reeks kindersitplekke vir kinders van alle ouderdomme deur middel van die sitplekgordels of ISO-monterings moontlik.

Rem- en stabiliteitsbeheerstelsels

 

Die nuwe Corolla se nuwegeslag-ABS-kragremstelsel maak gebruik van nuwe lugverkoelde skywe van 277 mm voor en soliede skywe van 270 mm agter.  Die voorste remblokkies is opgegradeer en bied meer doeltreffende verrigting en minder geraas en vibrasies wanneer die remme ingespan word.

Die remstelsel het ’n nuwe, kompakte en ligte remversterker, ’n nuwe hoofsilinder, lae-uitset-rempype en ’n skakeltipe rempedaal met ’n korter pedaalbeweging wat tot ’n beter remreaksie en -gevoel lei.

Die voertuig se standaard-toerusting sluit ’n sluitwerende remstelsel (ABS) met elektroniese remkragverdeling (EBD) en remhulp (BA) in. Kloubeheer (TRC) en voertuigstabiliteitsbeheer (VSC) is deel van die Sprinter en Exclusive se standaard-toerusting, terwyl ’n verbeterde wegtrekhulpstelsel in die modelle met VSC ingespan word. Die stelsel gebruik die remme vir ’n maksimum van twee sekondes nadat die bestuurder sy voet van die rempedaal gelig het om heeltemal te verhinder dat die motor teen ’n skuinste terugloop.

EBD verseker dat die mees doeltreffende hoeveelheid remkrag op elke wiel in wisselende padtoestande uitgeoefen word. ABS verseker dat die wiele nie vasslaan wanneer die bestuurder rem nie, en help om vasvoetige stabiliteit in draaie te verseker.

BA bespeur wanneer die bestuurder vinnig of paniekbevange rem en pas bykomende remkrag toe indien hy nie genoeg remkrag in ’n noodgeval deurvoer nie.

TRC monitor en beheer die hoeveelheid krag wat deur die motor se wiele op die padoppervlak losgelaat word. As die stelsel bespeur dat een of meer van die wiele begin tol, word die beste manier om klouvermoë na daardie wiel te herstel, oombliklik bereken deur die krag wat na die rollende wiel gestuur word, te verminder of die wiel in uiterste gevalle te rem totdat klouvermoë herstel is.

VSC (wat deel van die Sprinter en Exclusive se standaard-toerusting is) is ontwerp om te keer dat die bestuurder beheer oor die motor verloor wanneer hy te vinnig deur ’n draai of op gladde oppervlakke ry en die motorkangly. Sensors wat die stertswaaibewegings, longitudinale en laterale versnelling, stuurhoek, wielspoed en druk op die rempedaal monitor, bepaal stabiliteit en die teenwoordigheid van stuurtraagheid of stuuroorywerigheid.

Die stelsel herstel stabiliteit deur die enjinverrigting aan te pas en soepel remverrigting na die individuele wiele toe te pas ten einde die bestuurder te help om beheer te herwin.

 

  1. Prys, waarborg en diensplan

 

1.3 Esteem                              –                                   R214 900

1.3 Prestige                             –                                   R232 900

 

1.4 D Esteem                          –                                   R237 900

1.4 D Prestige                         –                                   R249 900

 

1.6 Esteem                              –                                   R225 900

1.6 Prestige                             –                                   R241 900

1.6 Prestige Multidrive S         –                                   R252 900

1.6 Sprinter                             –                                   R248 900

 

1.8 Prestige                             –                                   R251 900

1.8 Exclusive                          –                                   R272 900

1.8 Exclusive Multidrive S      –                                   R283 900

 

Die nuwe Corolla pronk met ’n fabriekswaarborg van drie jaar of 100 000 km en word deur ’n diensplan van vyf jaar of 90 000 km gedek. Versieningstussenposes is op 15 000 km vasgestel (wat ook die 1.4 D insluit). Die nuwe modelle word ook gedek deur die ToyotaCare-noodpadhulpprogram wat klante van noodpadhulp oor 24 uur voorsien ten einde algehele gemoedsrus te verseker.

Posted on by jonckie

Comments Off on Die splinternuwe Toyota Corolla: ‘n Motor met uitstekende bestuurs en veiligheidskenmerke waarop ‘n mens trots kan wees!