Ecopia kry waarborg teen skade – Bridgestone

Johannesburg (5 September 2013)

Bridgestone het motoriste daaraan herinner dat al sy gevorderde omgewingsvriendelike Ecopia-passasiersbande nou met ’n gratis bandskade-waarborg beskikbaar is. Dié waarborg was voorheen net vir Firestone-passasiersbande beskikbaar, maar is aan die einde van Julie 2013 na die Ecopia-reeks uitgebrei.

Jan Maritz, promosiebestuurder van Bridgestone Suid-Afrika, het gesê die Ecopia-bandskade-waarborg is identies aan dié van sy Firestone-stalmaat. “As ’n Ecopia-passasiersband onherstelbaar beskadig word, sal ons dit met ’n nuwe band vervang, en die motoreienaar hoef net vir die loopvlak van die beskadigde band wat al opgebruik is, te betaal,” het hy verduidelik.

Maritz het die voorbeeld gebruik van ’n motoris wie se voertuig se band deur ’n slaggat beskadig is terwyl die band nog ses millimeter se loopvlak van die oorspronklike 8mm toe dit nuut was, gehad het. “Dit beteken dat 75% van die loopvlakdiepte van die beskadigde band oorgebly het, dus hoef die motoris net 25% van die prys van die nuwe band te betaal,” het hy verduidelik.

Die bandskade-waarborg geld totdat die loopvlak tot 1mm afgeloop het, en motoriste kan weens skade deur algemene padgevare soos klippe, glasstukke, slaggate of randstene eis.

Maritz het gesê die Ecopia-bandskade-waarborg is ’n bykomende voordeel om motorrykoste te help verlaag. “’n Groot voordeel van Ecopia is sy verminderde rolweerstand, wat brandstofverbruik verminder,” het hy gesê. “’n Motor wat nagenoeg 7ℓ/100km gebruik en jaarliks sowat 25 000km aflê, kan tot R1 860 se brandstof vir die lewensduur van ’n stel Ecopias bespaar,” het hy verduidelik. “Dit verminder die koste van eienaarskap aansienlik.”

Hy het motoriste aangeraai om die Ecopia-blad op die Bridgestone-webtuiste te besoek en die intydse rekenaar te gebruik om die moontlike brandstofbesparings wat Ecopia bied, te bereken. Motoriste kan ook hul Ecopia-passasiersbande vir die bandskade-waarborg daar registreer.

Maritz het beklemtoon dat die bandskade-waarborg ’n groot voordeel vir motoriste inhou. “Die werklikheid op Suid-Afrika se paaie is dat daar baie bestuurders met ongeldige lisensies is, sowel as dele van landelike paaie wat nie meer heinings het nie,” het hy gesê. “As jy dus vir iets soos ’n bees of aankomende voertuig moet uitswaai en jou motor se bande word sodoende beskadig, sal die bandskade-waarborg help om die finansiele terugslag te verlig,” het hy afgesluit.
Motoriste kan hul Ecopia-bandeskade-waarborg aanlyn by http://bridgestonesa.mobi registreer.

Posted on by jonckie

Comments Off on Ecopia kry waarborg teen skade – Bridgestone