Die sypaadjie voor jou huis is nie ‘n parkeerarea vir jou vragmotor!

Vraag:

Ek wil graag meer inligting bekom insake ‘n pad teken by die ingange van sekere voorstede. Geen oornag/parkering vir swaarvoertuie bo 5t gedurende die gegewe tye.

Die padteken is as volg:

*Geen parkeerteken (top)*Geen voertuig bo 5t (middel)
*Tydgleuf, 20H00 – 06H00 (onder)

Die inligting wat ek graag wil he t.o.v. die teken:

1) Geld die verbod slegs vir die spesifieke strook?
2)Wat is die afstand met toepassing vanaf die kennisgewing.
2)Geld dit vir die hele voorstad of net die spesifieke strook waar die kennisgewing staan?
3)Mag jy helder oordag ‘n kennisgewing by jou privaat woning ontvang dat jy die voertuig binne 1 uur moet skuif anders word daar ‘n boete van R1000 aan jou uitgereik?
( Vir inligting die voertuig het nie eens oornag gestaan nie)
4)Die geen oornag is dit met of sonder ‘n persoon in die voertuig?
5) Is dit die diskressie van die Munisipale owerheid om Swaarvoertuig bestuurders te verbied om te rus en te oornag? Alhoewel alle veiligheids toestande volgens die Drywer se diskressie nagekom is en geen gevaar vir ander pad gebruikers inhou nie?

Volgende net vir klaring, indien jy ‘n swaarvoertuig besit mag jy dit op die grasperk (sypadjie) langs jou huis parkeer met geen versperring of obstruksie van verkeers tekens, verkeer, voetgangers met ‘n afstand van 1,5m tussen die rand van die pad tot teen die voertuig.
*Kan die wetstoepasser/verkeer jou verplig om die deel van die grond by die Munisipale Owerheid alvorens jy daar mag parkeer, en jou vermaan om jou eiendom by ‘n Truckport 15km van jou huis af in die oopte te parkeer?

Antwoord:

Die area voor ‘n person se erf is gewoonlik die sypaadjie en geen voertuig mag daar parker nie.

Die verbod word deur munisipaliteite ingevolge of reg 305 en 306 gedoen of ingevolge die verordeninge van die dorp. Hulle is geregtig om so bord enige plek op te rig. Dit sal vir die hele dorp geld as dit by al die ingange geplaas is en vir die pad tot by die volgende kruispad in dien nie.

Die stadsraad hoef mens nie eers te waarsku voor hulle jou aankla indien jy ‘n trok op ‘n sypaadjie parkeer nie.

Voorbeelde van sulke regulatoriese padtekens sluit in:

Posted on by jonckie

Comments Off on Die sypaadjie voor jou huis is nie ‘n parkeerarea vir jou vragmotor!