CrisisOnCall identifikasie armbandjie kompetisie vir kinders

Lede wat reeds geruime tyd lid is, sal onthou dat ons aan die einde van 2008 ʼn fotokompetisie uitgeskryf het. Dit is nou weer tyd vir ʼn kompetisie waar ons kinders pryse kan wen! Gaan loer gerus op die webwerf onder die hoofopskrif “Identifikasie” en subopskrif “Die CrisisOnCall identifikasie armbandjie” vir ʼn aantal foto’s uit die vorige kompetisie.

Die kompetisie is baie maklik. Neem ʼn foto van jou kind met sy of haar CrisisOnCall bandjie en stuur dit na marketing@crisisoncall.co.za. Meld ook asb. die betrokke kind se bandjienommer of lidnommer saam met sy/haar naam en van in die e-pos. Die kompetisie is vir kinders/tieners tot en met 18 jaar oud. Oupas en oumas kan ook hul kleinkinders wat lid is, inskryf.

Die kompetisie sluit op 30 Augustus 2013 en die beslissing van die beoordelaars sal finaal wees.

Daar is twee kontantpryse van R750 elk. Een vir die seuns en een vir die dogters.

Kom deel in die pret en stuur daardie foto sommer vinnig in. Jou kind kan dalk net goeie sakgeld verdien met die foto.

Die CrisisOnCall bandjie moet duidelik op die foto sigbaar wees. Terme en voorwaardes geld.

Onthou om altyd jou en jou gesin se inligting opgedateer te hou. Stuur enige wysigings per epos na members@crisisoncall.co.za en onthou om jou lid/bandjienommer te kwoteer.

Met vriendelike groete

Marius Vermaak

CrisisOnCall

Executive Director Marketing

Uitvoerende Direkteur Bemarking

Posted on by jonckie

Comments Off on CrisisOnCall identifikasie armbandjie kompetisie vir kinders